Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermatig groot kans vir die ontstaan van brande oor die noordelike dele van die Noord-Kaap en westelike dele van Noordwes.

Uiters warm en bedompige toestande word voorspel vir die Laeveld van beide Mpumalanga en Limpopo.

Gauteng

Matig tot gedeeltelik bewolk en warm.

  • Pretoria: 18 °C tot 34 °C
  • Johannesburg: 17 °C tot 32 °C
  • Vereeniging: 17 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Matig en warm maar baie warm oor die Laeveld. Gedeeltelik bewolk met verspreide donderstorms in die ooste en noorde later in die dag.

  • Mbombela: 21 °C tot 36 °C

Limpopo

Matig en baie warm, maar uiters warm oor die Laeveld. Gedeeltelik bewolk met verspreide donderstorms later in die dag.

  • Polokwane: 20 °C tot 35 °C

Noordwes

Matig en warm, maar plek-plek baie warm.

  • Mahikeng: 18 °C tot 34 °C
  • Vryburg: 15 °C tot 35 °C

Vrystaat

Matig en warm tot baie warm.

  • Bloemfontein: 14 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Bewolk en koel met ligte reënval in die suide. Matig tot warm en baie warm in die ooste.

  • Kimberley: 14 °C tot 35 °C
  • Upington: 14 °C tot 34 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk met verspreide reënbuie langs die Weskus en aangrensende binneland.

  • Kaapstad: 15 °C tot 25 °C
  • George: 16 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

Bewolk met verspreide reënbuie in die omgewing van Plettenbergbaai en Joubertina in die westelike deel van die provinsie. Gedeeltelik bewolk en baie warm langs die kus, maar bewolk met verspreide reënbuie later in die dag in die oostelike deel van die provinsie.

  • Port Elizabeth: 17 °C tot 26 °C
  • Oos-Londen: 17 °C tot 26 °C

KwaZulu-Natal

Matig en koel tot warm in die weste met verspreide reënbuie en donderbuie in die ooste later in die dag.

  • Durban: 20 °C tot 27 °C
  • Richardsbaai: 21 °C tot 28 °C
  • Pietermaritzburg: 17 °C tot 29 °C
Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.