Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermate groot kans vir die ontstaan van brande oor die noordelike en oostelike dele van die Noord-Kaap, asook die sentrale en westelike dele van Noordwes en die Vrystaat.
Hewige donderstorms word in plekke oor die platorand en die Hoëveld-gebiede van Mpumalanga, die suidelike binneland van Limpopo, Gauteng en die noordelike en oostelike dele van KwaZulu-Natal verwag. Hittegolftoestande sal oor die westelike dele van Noordwes voorkom.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie later in die dag.
- Pretoria: 17 °C tot 29 °C
- Johannesburg: 16 °C tot 28 °C
- Vereeniging: 15 °C tot 28 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend in die ooste met mis in plekke in die Hoëveld en langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en koud tot koel met verspreide buie en donderbuie wat meer verspreid in die ooste sal voorkom.
- Mbombela: 18 °C tot 25 °C
Limpopo
Bewolk in die oggend in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel tot warm met verspreide buie en donderbuie wat meer verspreid in die suide sal voorkom.
- Polokwane: 18 °C tot 25 °C
Noordwes
Baie warm in die verre weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie oor die sentrale dele, wat meer verspreid in die ooste sal voorkom.
- Mahikeng 19 °C tot 36 °C
- Vryburg 16 °C tot 37 °C
Vrystaat
Bewolk en koel in die ooste met miskolle in die oggend, andersins sonnig en warm, maar baie warm in die noorde en noordweste. Dit sal gedeeltelik bewolk in die ooste wees met enkele buie en donderbuie wat later meer wydverspreid in die ooste sal voorkom.
- Bloemfontein 17 °C tot 35 °C
Noord-Kaap
Aanvanklik bewolk met mis langs die kusgebied, andersins sonnig en warm, maar baie warm oor die sentrale en westelike binneland.
- Kimberley 15 °C tot 35 °C
- Upington 19 °C tot 37 °C
Wes-Kaap
Aanvanklik bewolk tot gedeeltelik bewolk oor die sentrale en oostelike dele. Dit sal heeldag gedeeltelik bewolk langs die suidkus wees, andersins sonnig en warm tot baie warm oor die westelike dele.
- Kaapstad 17 °C tot 31 °C
- George 14 °C tot 25 °C
Oos-Kaap
In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk in die oggend wees met enkele buie, andersins sonnig en warm, maar koel langs die kusgebied. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met enkele buie en reën wat meer verspreid langs die Wildekus en aangrensende binneland sal voorkom.
- Port Elizabeth 16 °C tot 24 °C
- Oos-Londen 16 °C tot 24 °C
KwaZulu-Natal
Mis in die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel, maar koud in plekke in die suidweste. Wydverspreide buie en donderbuie word verwag.
- Durban 18 °C tot 23 °C
- Richardsbaai 20 °C tot 24 °C
- Pietermaritzburg 14 °C tot 19 °C