Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag Saterdag beduidende reënval en oorstromings in die suidelike gebiede van die Weskus en Atlantis in Kaapstad, asook die westelike Overberg-distrik en Tuinroete later in die dag. Erge donderstorms en moontlike hael word vir dele van die Sentrale Karoo, noordelike binneland van die Oos-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en westelike dele van die Vrystaat voorspel.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderbuie.

  • Pretoria: 18 °C tot 27 °C
  • Johannesburg: 17 °C tot 26 °C
  • Vereeniging: 17 °C tot 25 °C

Mpumalanga

Miskolle oor hoogliggende gebiede in die oggend, anders gedeeltelik bewolk met ligte reën langs die platorand. Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide reënbuie en donderbuie later in die dag.

  • Mbombela: 19 °C tot 27 °C

Limpopo

Bewolk langs die platorand in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide reënbuie en donderbuie.

  • Polokwane: 18 °C tot 29 °C

Noordwes

Bewolk en koel tot warm met verspreide reënbuie en donderbuie.

  • Mahikeng: 20 °C tot 28 °C
  • Vryburg: 20 °C tot 28 °C

Vrystaat

Bewolk en koel tot warm met reënbuie en donderbuie.

  • Bloemfontein: 17 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Mistig langs die kus in die oggend. Andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm, maar baie warm oor die binneland. Bewolk met verspreide reënbuie en donderbuie later in die dag.

  • Kimberley: 20 °C tot 25 °C
  • Upington: 24 °C tot 28 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm, tot baie warm met verspreide reënbuie en donderbuie. Wydverspreide reën langs die Suidkus.

  • Kaapstad: 19 °C tot 28 °C
  • George: 18 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderbuie oor sowel die westelike as oostelike dele van die provinsie.

  • Port Elizabeth: 18 °C tot 26 °C
  • Oos-Londen: 19 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide reënbuie en donderbuie.

  • Durban: 21 °C tot 27 °C
  • Richardsbaai: 21 °C tot 28 °C
  • Pietermaritzburg: 18 °C tot 26 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.