Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Saterdag ’n hoë risiko van brande in die westelike dele van Noordwes en noordelike dele van die Noord-Kaap. Erge donderstorms word oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en die sentrale Vrystaat verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderbuie in die suide in die aand.

* Pretoria: 16 °C tot 30 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 28 °C

* Vereeniging: 13 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Bewolk in die oggend, met mis en ligte reënval langs die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm, met verspreide reënbuie en donderbuie in die suide.

* Mbombela: 16 °C tot 27 °C

Limpopo

Bewolk in die oggend met mis en ligte reënval langs die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

* Polokwane: 16 °C tot 26 °C

Noordwes

Matig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met verspreide reënbuie en donderbuie later in die dag, behalwe in die noordweste.

* Mahikeng: 18 °C tot 31 °C

* Vryburg: 17 °C tot 31 °C

Vrystaat

Matig en koel tot warm. Gedeeltelik bewolk in die middag, met verspreide reënbuie en donderbuie.

* Bloemfontein: 14 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Koel en mistig langs die kus in die oggend. Andersins matig en warm tot baie warm. Bewolk met verspreide donderstorms in die ooste later in die dag.

* Kimberley: 16 °C tot 33 °C

* Upington: 21 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Matig en warm tot baie warm met bewolkte toestande langs die suidkus, maar uiters warm in dele van die binneland.

* Kaapstad: 18 °C tot 33 °C

* George: 14 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

Matig en warm maar bewolk en mistig in die suidooste in die oggend en in die westelike deel van die provinsie. Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderbuie in die oostelike deel van die provinsie.

* Port Elizabeth: 16 °C tot 25 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 26 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en mistig oor die binneland in die oggend, met verspreide reënbuie en donderbuie langs die noordkus en oor die aangrensende binneland. Andersins warm, maar koel in dele in die weste.

* Durban: 22 °C tot 27 °C

* Richardsbaai: 23 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 17 °C tot 28 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.