Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Saterdag oor die westelike dele van Noordwes, die noordoostelike dele van die Noord-Kaap en die verre noordwestelike dele van die Vrystaat.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie van laatmiddag af.

* Pretoria: 16 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 15 °C tot 25 °C

* Vereeniging: 14 °C tot 26 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie, maar minder verspreid oor die Laeveld, waar dit warm sal raak.

* Mbombela: 16 °C tot 22 °C

Limpopo

Bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie.

* Polokwane: 17 °C tot 24 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie die middag, maar verspreid in die sentrale dele.

* Mahikeng: 21 °C tot 29 °C

* Vryburg: 18 °C tot 34 °C

Vrystaat

Miskolle die oggend in die verre ooste waar dit bewolk sal raak, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, met enkele buie en donderbuie in die middag, maar verspreid in die oostelike helfte.

* Bloemfontein: 13 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Mis die oggend langs die kus, andersins sonnig en warm tot baie warm, maar koel oor die suidelike hoogland, wat gedeeltelik bewolk in die ooste raak met enkele donderbuie die middag in die verre ooste. Matige tot fris noordwestewind aan die kus.

* Kimberley: 14 °C tot 35 °C

* Upington: 19 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koel aan die suidkus en op plekke in die suidweste waar dit winderig kan raak. Matige tot fris noordwestewind langs die kus noord van Kaap Columbine, andersins ’n sterk suidooste- tot oostewind, maar stormsterk tussen Kaap Agulhas en Kaappunt by tye.

* Kaapstad: 14 °C tot 29 °C

* George: 14 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Bewolk met mis op plekke aanvanklik in die westelike helfte van die provinsie, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm oor die binneland. Ligte tot matige oostewind langs die kus, wat van laatmiddag af in ’n fris tot sterk suidooster kan verander.

Warm langs die platorand in die oostelike helfte van die provinsie, andersins bewolk en koel met enkele reënbuie in die ooste. ’n Ligte tot matige oostewind langs die kus, wat fris tot sterk kan raak op plekke suid van Koffiebaai van laatoggend af.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 22 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 22 °C

KwaZulu -Natal

Mis die oggend op plekke oor die binneland andersins bewolk en koel, maar warm in die noordweste. Enkele reënbuie word verwag, maar verspreide donderbuie in die weste. ’n Matige ooste- tot suidoostewind aan die kus, wat noordwes draai van die suide af teen laatmiddag.

* Durban: 16 °C tot 21 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 20 °C

* Pietermaritzburg: 12 °C tot 19 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.