Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n groot kans op brande Saterdag oor die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap en in die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

* Pretoria: 17 °C tot 33 °C

* Johannesburg: 16 °C tot 31 °C

* Vereeniging: 15 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Oggendmis oor die platorand. Uiters warm in die Laeveld.

* Mbombela: 18°C tot 30 °C

* Standerton: 12 °C tot 29 °C

* Ermelo: 13 °C tot 27 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste met oggendmis oor die platorand.

* Polokwane: 17 °C tot 29 °C

* Mokopane: 19 °C tot 33 °C

* Tzaneen: 19 °C tot 31 °C

Noordwes

Warm tot baie warm met enkele reën- en donderbuie in die noordooste.

* Mahikeng: 19 °C tot 31 °C

* Vryburg: 19 °C tot 33 °C

* Rustenburg: 18 °C tot 32 °C

Vrystaat

Warm tot baie warm met ’n kans op enkele reën- en donderbuie, behalwe in die verre noordooste.

* Bloemfontein: 17 °C tot 32 °C

* Kroonstad: 17 °C tot 32 °C

* Welkom: 19 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Oggendmis en koel langs die kus. Warm tot uiters warm in die res van die provinsie met ’n kans op reën- en donderbuie.

* Kimberley: 18 °C tot 34 °C

* Upington: 23 °C tot 36 °C

* Springbok: 20 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Bewolk in die oggend. Bloedig warm aan die Weskus. Enkele donderbuie in die laatmiddag oor die sentrale en oostelike dele.

* Kaapstad: 20 °C tot 29 °C

* George: 19 °C tot 34 °C

* Worcester: 21 °C tot 37 °C

Oos-Kaap

Warm tot baie warm oor die westelike dele van die provinsie. Enkele donderbuie oor die binneland in die middag. Baie warm in die oostelike dele van die provinsie met ’n kans op reënbuie in die middag

* Port Elizabeth: 19 °C tot 27 °C

* Oos-Londen: 20 °C tot 29 °C

* Graaff-Reinet: 19 °C tot 34 °C

KwaZulu-Natal

Warm tot baie warm. Enkele reën- en donderbuie in die laatmiddag. in die weste.

* Durban: 21 °C tot 32 °C

* Richardsbaai: 22 °C tot 35 °C

* Pietermaritzburg: 19 °C tot 35 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.