Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n hoë brandgevaar Saterdag oor die Sentraal-Karoo en die Kannaland-munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Gauteng

Bewolk en koud tot koel met verspreide buie en donderbuie, maar enkele buie in die noordooste.

* Pretoria: 12 °C tot 18 °C

* Johannesburg: 10 °C tot 16 °C

* Vereeniging: 11 °C tot 17 °C

Mpumalanga

Miskolle die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koel met enkele buite en donderbuie. Warm oor die Laeveld.

* Mbombela: 13 °C tot 20 °C

* Standerton: 10 °C tot 19 °C

* Ermelo: 8 °C tot 16 °C

Limpopo

Miskolle die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie.

* Polokwane: 13 °C tot 23 °C

* Thabazimbi: 17 °C tot 26 °C

* Tzaneen: 14 °C tot 22 °C

Noordwes

Bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie, maar enkele buie in die noordweste. Gedeeltelik bewolk van die weste af teen die namiddag.

* Mahikeng: 14 °C tot 19 °C

* Vryburg: 13 °C tot 20 °C

* Rustenburg: 13 °C tot 19 °C

Vrystaat

Bewolk en koel met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die ooste en sentrale dele waar dit koud op plekke kan raak. Deels bewolk van die weste af van die middag af.

* Bloemfontein: 12 °C tot 21 °C

* Kroonstad: 13 °C tot 19 °C

* Welkom: 13 °C tot 19 °C

Noord-Kaap

Bewolk en koel aan die kus en die suidoostelike binneland aanvanklik met die miskolle die oggend, andersins mooiweer en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele buie en donderbuie in die verre ooste vroegoggend. Ligte tot matige suidelike tot suidwestewind langs die kus.

* Kimberley: 13 °C tot 24 °C

* Upington: 16 °C tot 30 °C

* Springbok: 23 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Bewolk langs die kus in die aand, andersins sonnig en warm tot baie warm op plekke oor die oostelike binneland, wat deels bewolk oor die noordooste teen die middag raak.

Ligte tot matige westelike tot noordwestewind aan die kus, maar oostelik tot noordoostewind in die suide.

* Kaapstad: 20 °C tot 25 °C

* George: 14 °C tot 32 °C

* Worcester: 15 °C tot 32 °C

Oos-Kaap

Deels bewolk in die westelike helfte van die provinsie met miskolle in die noordelike binneland, andersins mooiweer en warm tot baie warm op plekke, wat gedeeltelik bewolk in die namiddag raak.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 31 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 31 °C

* Graaff-Reinet: 15 °C tot 30 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en warm, maar koel in die suidweste met bewolkte weer in die namiddag met enkele buie en donderbuie, behalwe in die suidooste. Matige noordelike tot noordoostewind langs die kus.

* Durban: 17 °C tot 27 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 27 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.