Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku swaar reën kan Saterdag tot oorstromings in die westelike dele van die Kaapse Wynland en die Overberg in die Wes-Kaap lei. Stormwinde van tussen 60 km/h en 80 km/h word langs die kusgebiede tussen Tafelbaai en Kaap Agulhas verwag waarna dit in die rigting van Algoabaai sal beweeg.

Onstuimige see met deinings van tussen 6 m en 9 m hoog word tussen Lambertsbaai en Plettenbergbaai verwag wat laatmiddag ook by Cannon Rocks in die Oos-Kaap sal voorkom. Toestande wat tot wegholbrande kan lei, word op plekke langs die Tuinroete in die Wes-Kaap verwag.

Gauteng

Sonnig en koel.

• Pretoria: 3 °C tot 20 °C

• Johannesburg: 1 °C tot 18 °C

• Vereeniging: 0 °C tot 17 °C

Mpumalanga

Sonnig en koud tot koel, maar warm oor die Laeveld.

• Mbombela: 10 °C tot 23 °C

Limpopo

Sonnig en koel tot warm.

• Polokwane: 6 °C tot 21 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: 3 °C tot 20 °C

• Vryburg: 1 °C tot 19 °C

Vrystaat

Sonnig en koud, maar koel in die noorde.

• Bloemfontein: -3 °C tot 16 °C

Noord-Kaap

Sonnig in die noorde in die oggend, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel, maar koud en winderig oor die westelike en suidelike binneland. Enkele tot verspreide buie sal later in die dag in die suidweste voorkom.

• Kimberley: -2 °C tot 19 °C

• Upington: 2 °C tot 20 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel in die ooste in die oggend, andersins bewolk en koud met wydverspreide reën en buie in die weste, wat moontlik tot oorstromings kan lei. Verspreide en enkele buie word in die aand langs die suidkus en aangrensende binneland verwag. Winderige weerstoestande sal deurgaans voorkom.

• Kaapstad: 13 °C tot 16 °C

• George: 11 °C tot 20 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike gebiede sal dit sonnig en koel wees met winderige toestande wat later die oggend oor die binneland sal voorkom. Bewolk in die weste later in die dag met verspreide reën en buie langs die kusgebiede. Oor die oostelike gebiede sal dit bewolk wees met ligte reën vroegoggend langs die Wildekus. Winderige toestande word later die oggend oor die binneland verwag.

• Port Elizabeth: 7 °C tot 23 °C

• Oos-Londen: 13 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die oggend in die ooste, andersins sonnig en koel, maar warm in die verre-noordooste.

• Durban: 15 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 17 °C tot 23 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 23 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.