Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is ’n buitengewoon groot kans op wegholbrande Saterdag in Noordwes, die Vrystaat, die oostelike en suidoostelike dele van die Noord-Kaap, asook in Gauteng en die Hoëveld van Mpumalanga.

Oorstromings kan ook Saterdag in die Kaapse metropool, die suidwestelike Kaapse Wynlande en die Waterkloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap voorkom. Deinings van tussen 6 m en 7 m word tussen Kaappunt en Plettenbergbaai verwag met stormsterkte winde van 62 km/h tussen Kaap St. Francis en Port Alfred.

weer
Die son skyn flou oor 'n ontstuimige see langs die promenade in Kaapstad. Foto: Thinus Dippenaar

Gauteng

Sonnig en koel.

• Pretoria: 5 °C tot 24 °C

• Johannesburg: 3 °C tot 20 °C

• Vereeniging: 3 °C tot 21 °C

Mpumalanga

Sonnig en warm, maar baie warm in die Laeveld.

• Mbombela: 14 °C tot 29 °C

Limpopo

Sonnig en warm.

• Polokwane: 6 °C tot 25 °C

Noordwes

Sonnig en warm.

• Mahikeng: 8 °C tot 29 °C

• Vryburg: 2 °C tot 26 °C

Vrystaat

Sonnig en koel. Gedeeltelik bewolk in die ooste later in die dag.

• Bloemfontein: 0 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel tot warm. Baie koud oor die westelike en suidelike binneland, andersins bewolk en koud met reën en buie in die weste en die suide.

• Kimberley: 1 °C tot 23 °C

• Upington: 4 °C tot 20 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koud met reën en buie in die weste wat later die dag ooswaarts versprei. Ligte sneeuval word verwag op bergtoppe in die laatmiddag en aand.

• Kaapstad: 10 °C tot 13 °C

• George: 10 °C tot 13 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike dele sal dit bewolk en koud tot koel wees met enkele buie en reën wat meer verspreid langs die kusgebied en aangrensende binneland sal voorkom. Sneeu word op plekke oor die noordelike hoogliggende dele voorspel. In die oostelike dele sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees met enkele buie en reën langs die Sonskynkus en aangrensende binneland. Sneeu word later die dag oor die Winterberge verwag.

• Port Elizabeth: 7 °C tot 17 °C

• Oos-Londen: 9 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm, maar baie warm op plekke in die ooste. Gedeeltelik bewolk in die suide later in die dag.

• Durban: 14 °C tot 32 °C

• Richardsbaai: 14 °C tot 34 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 34 °C

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.