Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande Saterdag wat kan lei tot wegholveldbrande in die Noord-Kaap, Sentraal-Karoo, die noordelike dele van die Oos-Kaap, in die Vrystaat, westelike dele van Noordwes, sowel as die noordwestelike dele van KwaZulu-Natal.
’n Hittegolf word Saterdag in die verre oostelike dele van die Noord-Kaap en op plekke in die Vrystaat en Noordwes verwag. Die hittegolf sal Gauteng Sondag bereik en tot Dinsdag voortduur.
Gauteng
Sonnig en warm.
• Pretoria: 16 °C tot 31 °C
• Johannesburg: 14 °C tot 30 °C
• Vereeniging: 13 °C tot 31 °C
Mpumalanga
Aanvanklik gedeeltelik bewolk met miskolle in die oggend oor die platorand en die suidelike Hoëveld, andersins sonnig en warm, maar baie warm in die Laeveld.
• Mbombela: 16 °C tot 27 °C
Limpopo
Aanvanklik gedeeltelik bewolk met mis in die suidelike platorand, andersins sonnig en warm. Baie warm in die suidwestelike Bosveld.
• Polokwane: 14 °C tot 29 °C
Noordwes
Baie warm in die weste, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk in die weste later die dag.
• Mahikeng: 16 °C tot 33 °C
• Vryburg: 16 °C tot 35 °C
Vrystaat
Baie warm in die verre noordweste, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk later die dag.
• Bloemfontein: 12 °C tot 35 °C
Noord-Kaap
Miskolle vroegoggend in die noordelike dele van die kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm.
• Kimberley: 14 °C tot 38 °C
• Upington: 16 °C tot 38 °C
Wes-Kaap
Mis in die oggend langs die suidwestelike en suidelike kusgebiede, andersins sonnig en warm tot baie warm op plekke in die westelike binneland.
• Kaapstad: 16 °C tot 24 °C
• George: 13 °C tot 23 °C
Oos-Kaap
In die westelike dele sal dit in die oggend mistig wees op plekke in die suidooste, andersins sonnig en warm. Baie warm langs die kusgebied waar dit later die dag bewolk sal wees.
In die oostelike dele sal dit warm wees met miskolle op plekke suid van die platorand, andersins sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk in die noorde later die dag.
• Port Elizabeth: 14 °C tot 24 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 26 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend in die binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die weste later die dag.
• Durban: 16 °C tot 29 °C
• Richardsbaai: 18 °C tot 33 °C
• Pietermaritzburg: 11 °C tot 34 °C