Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing oor erge donderstorms Saterdag op plekke langs die Oos-Kaapse platorand uitgereik.
Daar word ook gewaarsku oor toestande wat tot wegholveldbrande kan lei op plekke in die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap.
’n Hittegolf word in die Karoo-Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwag.
Gauteng
Sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.
• Pretoria: 17 °C tot 35 °C
• Johannesburg: 15 °C tot 33 °C
• Vereeniging: 14 °C tot 34 °C
Mpumalanga
Bewolk in die oggend met miskolle langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm in die middag met enkele donderbuie.
• Mbombela: 16 °C tot 28 °C
Limpopo
Bewolk in die ooste in die oggend, andersins sonnig en warm.
• Polokwane: 12 °C tot 29 °C
Noordwes
Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.
• Mahikeng: 19 °C tot 36 °C
• Vryburg: 15 °C tot 37 °C
Vrystaat
Baie warm in die verre noordweste, andersins sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die weste en ooste met enkele donderbuie.
• Bloemfontein: 17 °C tot 36 °C
Noord-Kaap
Bewolk en koel langs die kusgebied met miskolle in die oggend waar dit sonnig sal wees. Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die verre ooste later die dag.
• Kimberley: 19 °C tot 37 °C
• Upington: 21 °C tot 37 °C
Wes-Kaap
Bewolk met miskolle langs die kusgebied in die oggend, andersins sonnig en koel tot warm maar baie warm oor die binneland.
• Kaapstad: 14 °C tot 22 °C
• George: 15 °C tot 22 °C
Oos-Kaap
Gedeeltelik bewolk en warm langs die kusgebied. Dit sal sonnig en baie warm wees oor die binneland. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag.
• Port Elizabeth: 16 °C tot 25 °C
• Oos-Londen: 17 °C tot 26 °C
KwaZulu-Natal
Miskolle oor die binneland in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm maar baie warm oor die binneland met enkele donderbuie later die dag.
• Durban: 19 °C tot 29 °C
• Richardsbaai: 20 °C tot 31 °C
• Pietermaritzburg: 18 °C tot 35 °C