Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n geel waarskuwing uitgereik oor swaar reën Saterdag in die oostelike dele van die Oos-Kaap, die Vrystaat, die suidelike dele van Noordwes, oostelike dele van die Noord-Kaap sowel as die sentrale en suidelike dele van KwaZulu-Natal.

Dit kan tot oorstromings in laagliggende dele lei en bestuurstoestande bemoeilik weens gladde paaie en swak sigbaarheid, sê die SAWD.

’n Toename in verkeer word oor die naweek verwag, veral Sondag op die N3-tolpad, terwyl vakansiegangers van die kusgebiede na die binneland terugkeer. Daar sal na verwagting Saterdag en Sondag meer as 50 mm reënval oor die sentrale dele neersak, met plekke wat na verwagting meer as 80 mm sal kry.

Toestande sal na verwagting teen Sondag geleidelik vanuit die westelike dele van die land opklaar.

Saterdag word toestande wat tot wegholbrande kan lei oor die Kamiesberge in die Noord-Kaap en die westelike dele van Noordwes verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie wat later die dag meer verspreid in die suide sal voorkom.

• Pretoria: 16 °C tot 29 °C

• Johannesburg: 16 °C tot 26 °C

• Vereeniging: 17 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Bewolk en warm maar koel oor die Hoëveld. Enkele donderbuie word ook verwag.

• Mbombela: 16 °C tot 25 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm.

• Polokwane: 15 °C tot 26 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie.

• Mahikeng: 18 °C tot 28 °C

• Vryburg: 18 °C tot 29 °C

Vrystaat

Warm in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk en koel met verspreide donderbuie.

• Bloemfontein: 14 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Koel in die suidooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die ooste.

• Kimberley: 16 °C tot 26 °C

• Upington: 18 °C tot 30 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel tot warm.

• Kaapstad: 10 °C tot 20 °C

• George: 9 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk en koel wees suid van die platorand met ligte buie oos van Cradock en Woody Cape.

In die oostelike dele sal dit bewolk wees met verspreide reënbuie.

• Port Elizabeth: 11 °C tot 20 °C

• Oos-Londen: 14 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel maar koud in die suidweste met verspreide donderbuie.

• Durban: 17 °C tot 19 °C

• Richardsbaai: 19 °C tot 20 °C

• Pietermaritzburg: 14 °C tot 16 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.