Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms met stormwind en hael Saterdag oorstromings in die ooste van die Noord-Kaap, die suidweste van die Vrystaat en die noordelike binneland van die Oos-Kaap kan veroorsaak.

Gauteng

Bewolk en koel met verspreide donderbuie.

• Pretoria: 16 °C tot 21 °C

• Johannesburg: 14 °C tot 18 °C

• Vereeniging: 15 °C tot 21 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie.

• Mbombela: 19 °C tot 28 °C

Limpopo

Mistig in die oggend oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die weste en suide. Bewolk in die suidweste.

• Polokwane: 16 °C tot 27 °C

Noordwes

Bewolk en koel tot warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die ooste sal voorkom.

• Mahikeng: 15 °C tot 19 °C

• Vryburg: 15 °C tot 24 °C

Vrystaat

Bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie.

• Bloemfontein: 13 °C tot 24 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik koel en bewolk in die kusgebied, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die ooste.

• Kimberley: 16 °C tot 24 °C

• Upington: 20 °C tot 31 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik mistig in die kusgebiede van die Overberg-distrik, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Baie warm tot uitermatig warm in die binneland. Bewolk langs die kus later die dag.

• Kaapstad: 18 °C tot 26 °C

• George: 16 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees maar baie warm op plekke. Dit sal later bewolk wees met donderbuie in die noordelike binneland.

In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Dit word later bewolk met donderbuie in die noorde en in die Wildekus-gebied.

• Port Elizabeth: 14 °C tot 27 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk met mis in die oggend in die binneland, andersins warm met enkele donderbuie wat meer verspreid in die weste sal voorkom.

• Durban: 18 °C tot 26 °C

• Richardsbaai: 19 °C tot 29 °C

• Pietermaritzburg: 13 °C tot 27 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.