Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat hewige donderstorms met hael en stormsterk wind Saterdag in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die westelike dele van Noordwes, die westelike en sentrale dele van die Vrystaat en die oostelike dele van die Oos-Kaap verwag word. Weerstoestande kan ook Saterdag tot wegholbrande in die suidelike dele van die Noord-Kaap lei.

Branders spoel oor die Seepuntse promenade. Foto: Thinus Dippenaar
Gauteng
Aanvanklik bewolk met miskolle oor die Hoëveld, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Pretoria: 17 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 16 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 27 °C
Mpumalanga
Aanvanklik miskolle en motreën oor die platorand, waar dit bewolk sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die weste later die dag.
• Mbombela: 19 °C tot 24 °C
Limpopo
Miskolle en motreën oor die platorand, waar dit bewolk sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die suidweste later die dag.
• Polokwane: 18 °C tot 25 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie later die dag, wat meer verspreid in die weste sal voorkom.
• Mahikeng: 17 °C tot 28 °C
• Vryburg: 17 °C tot 27 °C
Vrystaat
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die noordooste.
• Bloemfontein: 13 °C tot 27 °C
Noord-Kaap
Koel in die noordweste, waar dit gedeeltelik bewolk sal wees in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele donderbuie, wat meer verspreid in die noordelike dele sal voorkom.
• Kimberley: 13 °C tot 29 °C
• Upington: 18 °C tot 34 °C
Wes-Kaap
Bewolk tot gedeeltelik bewolk langs die suidkus en die aangrensende binneland, waar dit koel sal wees met ’n kans op enkele donderbuie in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm.
• Kaapstad: 15 °C tot 22 °C
• George: 12 °C tot 21 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit bewolk en koel wees met verspreide reënbuie, andersins sonnig en warm.
In die ooste sal dit bewolk tot gedeeltelik bewolk wees, andersins warm met verspreide reënbuie later die dag.
• Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C
• Oos-Londen: 17 °C tot 24 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm. Verspreide donderbuie sal oor die suidelike dele voorkom.
• Durban: 19 °C tot 28 °C
• Richardsbaai: 19 °C tot 29 °C
• Pietermaritzburg: 14 °C tot 26 °C