Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Saterdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat droë en warm toestande oor die gebied van die plaaslike munisipaliteit Khai-Ma-in die Noord-Kaap tot die ontstaan van veldbrande kan lei.

Gauteng

Dit sal aanvanklik bewolk wees met miskolle in die oggend, maar sal later gedeeltelik bewolk en warm word. Geïsoleerde reënbuie en donderstorms kan teen die middag verwag word

• Pretoria: 18 °C tot 31 °C

• Johannesburg: 18 °C tot 28 °C

• Vereeniging: 17 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Dit sal gedeeltelik bewolk en warm wees met geïsoleerde reënbuie in die middag en donderstorms wat verspreid sal voorkom oor die platorand en die oostelike Hoëveld.

• Mbombela: 20 °C tot 28 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie.

• Polokwane: 16 °C tot 27 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde reënbuie en donderstorms wat oor die uithoeke van die noordoostelike dele van die provinsie verwag kan word.

• Mahikeng: 17 °C tot 30 °C

• Vryburg: 179°C tot 32 °C

Vrystaat

Dit sal aanvanklik bewolk wees met mis in die oggend oor die suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Geïsoleerde reënbuie en donderstorms word voorspel in die ooste.

• Bloemfontein: 15 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Mis sal langs die kus voorkom, waar dit eers koel tot warm sal wees. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. Dit sal gedeeltelik bewolk wees in die ooste.

• Kimberley: 16 °C tot 34 °C

• Upington: 18 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk met mis in die oggend langs die Weskus. Elders sal dit sonnig en koel tot warm wees. Dit sal baie warm wees oor die oostelike binneland. Teen die aand sal dit bewolk word langs die suidkus.

• Kaapstad: 17 °C tot 24 °C

• George: 14 °C tot 27 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike deel van die provinsie sal dit sonnig en warm wees, maar dit sal baie warm wees langs die kus. Dit sal teen die aand gedeeltelik bewolk raak oor plekke in die binneland met mis oor plekke suid van die platorand.

In die ooste sal dit sonnig en warm tot baie warm wees, met mis wat teen die aand sal inbeweeg oor die binneland asook oor plekke suid van Graaff-Reinet.

• Gqeberha: 18 °C tot 25 °C

• Oos-Londen: 19 °C tot 27 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en warm, maar baie warm in die noordweste. Dit sal by tye gedeeltelik bewolk raak met geïsoleerde buie en donderstorms wat in die oggend en aand kan voorkom.

• Durban: 22 °C tot 27 °C

• Richardsbaai: 22 °C tot 27 °C

• Pietermaritzburg: 17 °C tot 28 °C

Meer oor:  Weer  |  Saterdag  |  Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.