Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Sondag
Gedeeltelik bewolkte, warm weer word Sondag oor groot dele van die land verwag. Foto: Kobus Visagie

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë gevaar van veldbrande wat Sondag oor die noordelike en sentrale dele van die Noord-Kaap kan ontstaan.

Erge donderstorms word ook in die noordooste van die Oos-Kaap verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noorde. Verspreide buie en donderbuie is moontlik teen die middag.

* Pretoria: 17 °C tot 32 °C

* Johannesburg: 16 °C tot 30 °C

* Vereeniging: 16 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Miskolle sal die oggend in die ooste voorkom, andersins deels bewolk en koel. Enkele buie en donderbuie kan voorkom, behalwe in die ooste waar dit baie warm kan raak.

* Mbombela: 17 °C tot 26 °C

Limpopo

Mis word die oggend oor platorand verwag, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie in die suide.

* Polokwane: 17 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm, deels bewolk met donderbuie in die sentrale dele van die middag af.

* Mahikeng: 17 °C tot 33 °C

* Vryburg: 15 °C tot 34 °C

Vrystaat

Warm in die noordweste, andersins matig en deels bewolk in die middag met enkele donderbuie.

* Bloemfontein: 14 °C tot 31 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm, met enkele donderbuie oor die ooste van die provinsie teen die middag.

Miskolle word die oggend langs die kus verwag, met koel weer en ’n matige suidelike tot suidoostewind.

* Kimberley: 14 °C tot 32 °C

* Upington: 20 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en warm, met mis aan die Weskus en ligte reën in die Overberg, wat na die suidkus deur die dag kan versprei.

Enkele donderbuie word oor die Sentraal Karoo van laatoggend af verwag, met motreën oor die suidweste teen die aand.

’n Matige suidweste wind word verwag, wat sterk kan raak suid van Valsbaai se kant af, teen die aand.

* Kaapstad: 17 °C tot 22 °C

* George: 16 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

Bewolkte, warm weer met enkele buie en reën oor die weste en suide van die provinsie.

* Port Elizabeth: 18 °C tot 23 °C

* Oos-Londen: 19 °C tot 26 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm, tot baie warm in die noorde. Gedeeltelik bewolkte weer teen die middag met verspreide buie en donderbuie in die weste.

’n Matige noordoostewind word langs die kus verwag.

* Durban: 18 °C tot 29 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 30 °C

* Pietermaritzburg: 14 °C tot 28 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.