Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Sondag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Sondag oor die ZF Mgcawu en Pixley Ka Seme-distrikte in die Noord-Kaap.

Gauteng

Bewolk en koel, met miskolle die oggend op plekke, en wisselvallige verspreide buie en reën.

* Pretoria: 15 °C tot 21°C

* Johannesburg: 17 °C tot 32 °C

* Vereeniging: 14 °C tot 21 °C

Mpumalanga

Miskolle die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koud tot koel met verspreide buie en reën, maar enkele buie en reën in die Laeveld waar dit warmer gaan wees.

* Mbombela: 19 °C tot 22 °C

Limpopo

Miskolle die oggend oor die platorand, andersins bewolk en koel tot warm met verspreide buie en reën.

* Polokwane: 18 °C tot 22 °C

Noordwes

Bewolk en koel tot warm, maar gedeeltelik bewolk in die weste, met verspreide buie en reën, maar enkele buie en reën in die weste.

* Mahikeng: 15 °C tot 23 °C

* Vryburg: 14 °C tot 27 °C

Vrystaat

Miskolle in die oggend en bewolk in die verre ooste aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie, maar enkele donderbuie in die weste.

* Bloemfontein: 14 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Koel langs die kus met miskolle die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die noordelike en oostelike dele. Ligte tot matige suide- tot suidwestewind aan die kus, maar fris by tye.

* Kimberley: 17 °C tot 30 °C

* Upington: 19 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk tot sonnig en warm tot baie warm, maar bewolk met ligte reën die oggend langs die suidkus, waar dit koel gaan wees. Fris tot sterk suidooste- tot oostewind aan die kus.

* Kaapstad: 17 °C tot 27 °C

* George: 16 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

Bewolk en koel suid van die platorand in die westelike helfte van die provinsie met ligte reën en buie op plekke aan die kus en die omliggende binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie. Ligte en wisselvallige wind langs die kus aanvanklik, andersins matige suidoostewind.

Bewolk en koel in die oostelike helfte van die provinsie met verspreide buie en donderbuie. Ligte, wisselvallige wind langs die kus aanvanklik, andersins ligte tot matige suidewind wat ’n matige suidoostewind raak van die middag af en fris raak in die suide in die namiddag.

* Port Elizabeth: 17 °C tot 23 °C

* Oos-Londen: 18 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk en koel, maar warm in die noorde met enkele buie en donderbuie die middag, maar meer verspreid in die verre weste. Matige suidelike tot suidoostewind langs die kus.

* Durban: 19 °C tot 23 °C

* Richardsbaai: 20 °C tot 25 °C

* Pietermaritzburg: 16 °C tot 23 °C

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Wes-Kaap  |  Gauteng  |  Reën  |  Weer  |  Brandgevaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.