Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor reënbuie wat verwag word in KwaZulu-Natal, die noordoostelike dele van die Oos-Kaap en die Vrystaat met oorstromings van grondpaaie, laagwaterbrûe en swak sigbaarheid wat kan lei tot verkeersvertragings.
Hewige donderbuie met hael en sterk wind word verwag in die Vrystaat, Noordwes, dele van Gauteng en die verre noordoostelike dele van die Noord-Kaap wat kan lei tot skade aan eiendom veral in informele nedersettings.
Toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande word verwag langs die kusgebiede van Noord-Kaap.
Gauteng
Bewolk en warm met verspreide donderbuie.
• Pretoria: 14 °C tot 27 °C
• Johannesburg: 13 °C tot 25 °C
• Vereeniging: 14 °C tot 25 °C
Mpumalanga
Oggend miskolle en motreën, andersins bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die suide en westelike hoogliggende gebiede.
• Mbombela: 14 °C tot 22 °C
• Standerton: 12 °C tot 20 °C
• Ermelo: 12 °C tot 20 °C
Limpopo
Oggend miskolle en motreën op die platorand, andersins bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, behalwe in die noorde waar dit gedeeltelik bewolk sal wees.
• Polokwane: 14 °C tot 25 °C
• Phalaborwa: 19 °C tot 31 °C
• Lephalale: 19 °C tot 29 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie.
• Mahikeng: 15 °C tot 29 °C
• Rustenburg: 14 °C tot 28 °C
• Vryburg: 14 °C tot 29 °C
Vrystaat
Oggend met miskolle in die ooste, andersins bewolk en koel met buie en donderbuie, maar wydverspreid in die noordooste.
• Bloemfontein: 12 °C tot 20 °C
• Kroonstad: 13 °C tot 23 °C
• Welkom: 12 °C tot 25 °C
Noord-Kaap
Mooiweer langs die kus en in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie in die ooste, maar verspreid in die verre noordooste.
• Kimberley: 14 °C tot 25 °C
• Upington: 17 °C tot 32 °C
Wes-Kaap
Mooiweer en koel, maar warm in die binneland.
• Kaapstad: 14 °C tot 28 °C
• George: 9 °C tot 23 °C
Oos-Kaap
Bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie.
Wind langs die kus: Matig tot taamlik sterk oos.
• Port-Elizabeth: 15 °C tot 22 °C
• Oos-Londen: 16 °C tot 21 °C
KwaZulu-Natal
Bewolk en koel tot koud met wydverspreide buie en donderbuie, maar verspreid in die noordooste.
• Durban: 15 °C tot 20 °C
• Richardsbaai: 16 °C tot 21 °C
• Pietermaritzburg: 12 °C tot 21 °C