Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Sondag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor hewige donderstorms Sondagmiddag oor die Hoëveld en oor die platorand van Mpumalanga asook oor die Laeveld en platorand van Limpopo.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie in die middag.

• Pretoria: 16 °C tot 26 °C

• Johannesburg: 14 °C tot 25 °C

• Vereeniging: 15 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide buie en donderbuie.

• Mbombela: 17 °C tot 26 °C

• eMalahleni: 15 °C en 25 °C

• Ermelo: 14 °C en 24 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie, maar dit sal baie warm wees in die Laeveld.

• Polokwane: 17 °C tot 27 °C

• Thohoyandou: 19 °C en 32 °C

• Tzaneen: 17 °C en 29 °C

• Thabazimbi: 18 °C en 30 °C

Noordwes

Bewolk in die ooste in die oggend, andersins sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk oor die sentrale dele wat na verwagting sal uitbrei na die weste met enkele buie en donderbuie.

• Mahikeng: 17 °C tot 28 °C

• Potchefstroom: 16 °C en 29 °C

• Vryburg: 15 °C tot 30 °C

• Rustenburg: 18 °C en 28 °C

• Taung: 16 °C en 31 °C

Vrystaat

Bewolk met miskolle in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar klaar vanaf die middag vanaf die suide op. Enkele buie en donderbuie word in die noorde en ooste verwag.

• Bloemfontein: 12 °C tot 28 °C

• Welkom: 16 °C en 28 °C

• Bethlehem: 14 °C en 26 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk langs die kus en die aangrensende binneland, andersins sonnig en koel tot warm, maar gedeeltelik bewolk en baie warm in die noorde.

Die wind langs die kus waai die oggend lig tot matig noordwes, andersins taamlik sterk tot sterk suid tot suidwes.

• Kimberley: 14 °C tot 31 °C

• Upington: 18 °C tot 35 °C

• Alexanderbaai: 15 °C en 23 °C

Wes-Kaap

Bewolk langs die suidkus en die aangrensende binneland met enkele tot verspreide buie, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Dit sal sonnig in die noordoostelike dele wees.

Die wind langs die kus waai lig tot matig wes tot suidwes noord van Kaap Columbine in die oggend. Dit sal andersins taamlik sterk tot sterk oos tot suidoos waai, maar bereik vroegoggend amper stormsterk tussen Tafelbaai en Bettiesbaai. Teen die middag word dit matig oos van Kaap Agulhas.

• Kaapstad: 16 °C tot 22 °C

• George: 13 °C tot 21 °C

• Beaufort-wes 14 °C en 28 °C

• Vredendal 13 °C en 30 °C

Oos-Kaap

In die weste is dit koel op plekke langs die kus, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm met ligte reën vroegoggend op plekke in die suide wat vanaf die weste sal opklaar.

In die ooste is dit warm op plekke oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel met enkele ligte reënbuie in die suide en ooste.

Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk suid-wes en word in die middag lig tot matig suid, maar lig suidoos in die aand.

• Port Elizabeth: 16 °C tot 23 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 23 °C

• Queenstown 12 en 24

• Graaff-Reinet 11 en 27

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel, maar warm in die noorde met enkele buie en donderbuie.

Die wind langs die kus waai aanvanklik matig noordwes in die verre noorde, andersins matig tot taamlik sterk suid tot suidwes.

• Durban: 19 °C tot 22 °C

• Richardsbaai: 20 °C tot 24 °C

• Pietermaritzburg: 16 °C tot 21 °C

• Newcastle 15 en 27

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.