Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek vir Dinsdag
"Dis effens koud in die Suid-Vrystaat," het Stéfan Burger Maandaggend op Facebook geskryf. Hy het dié foto tussen Wepener en Zastron geneem. Foto: Stéfan Burger/Facebook

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen waarskuwings vir Dinsdag uitgereik nie, maar sê wel ’n intense kouefront word Donderdag tot Vrydag oor die Wes-Kaap en Noord-Kaap verwag. ’n Sterk tot stormsterk noordweste wind, baie rowwe seetoestande en baie koue toestande word voorspel.

Gauteng

Mooiweer en koel.

Pretoria: 3 °C tot 21 °C

Johannesburg: 2 °C tot 19 °C

Vereeniging: -3 °C tot 20 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en koel tot koud.

Mbombela: 9 °C tot 20 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die oostelike dele, andersins mooiweer en koel.

Polokwane: 3 °C tot 21 °C

Noordwes

Ryp word aanvanklik in die sentrale dele verwag, andersins mooiweer en koel.

Mahikeng: 0 °C tot 22 °C

Vryburg: -2 °C tot 21 °C

Vrystaat

Ryp word aanvanklik verwag, andersins mooiweer en koel, maar koud in die suide.

Bloemfontein: -2 °C tot 18 °C

Noord-Kaap

Mis sal aanvanklik langs die kus voorkom, andersins mooiweer en baie koud tot koud met hoëvlak wolke.

Die wind langs die kus sal lig suidoos waai. In die middag waai dit lig tot veranderlik.

Kimberley: -2 °C tot 21 °C

Upington: 2 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Mooiweer en koud, maar gedeeltelik bewolk en baie koud aan die suidkus en oostelike binneland. Dit sal die oggend langs die suidkus reën en mis sal die oggend aan die noordwestelike kus voorkom.

’n Matig tot taamlik sterk suid tot suidooste wind word langs die kus verwag. Dit word sterk suid van Tafelbaai en sal na verwagting teen die middag na die suidkus uitbrei.

Kaapstad: 12 °C tot 18 °C

George: 11 °C tot 15 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die provinsie sal dit bewolk wees met verspreide buie en reën wat langs die kus en aangrensende binneland voorkom. Andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar bewolk met oggendmiskolle op plekke.

Die wind langs die kus sal matig tot taamlik sterk suidoos waai. Dit word oos in die middag.

In die oostelike deel van die provinsie is dit bewolk met enkele buie en reën langs en suid van die platorand, maar verspreide buie langs die kus. Dit sal andersins gedeeltelik bewolk en koud, maar koel op plekke wees.

Die wind langs die kus waai matig tot taamlik sterk wes en word oos in die middag.

Port Elizabeth: 8 °C tot 20 °C

Oos-Londen: 11 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk en koel, maar koud in die suidweste. Dit sal bewolk in die middag word met enkele buie in die oostelike dele.

Die wind langs die kus sal aanvanklik matig wes waai, andersins suid tot suidwes.

Durban: 13 °C tot 22 °C

Richardsbaai: 12 °C tot 22 °C

Pietermaritzburg: 4 °C tot 18 °C

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.