Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek vir Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n groot gevaar van veldbrande Woensdag in die oostelike dele van die Noord-Kaap en die westelike dele van Noordwes.

’n Kouefront word Donderdag en Vrydag oor die Wes-Kaap en Noord-Kaap verwag.

Gauteng

Miskolle in die oggend in die noorde, andersins mooiweer en koel.

Pretoria: 5 °C tot 20 °C

Johannesburg: 3 °C tot 19 °C

Vereeniging: -2 °C tot 18 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met oggendmis en motreën langs die platorand waar dit koud sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en koel.

Mbombela: 9 °C tot 19 °C

Limpopo

Bewolk met motreën en mis langs die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en koel.

Polokwane: 5 °C tot 19 °C

Noordwes

Miskolle in die oggend in die verre ooste waar dit bewolk sal wees, andersins mooiweer en koel, en word gedeeltelik bewolk in die sentrale en oostelike dele teen die namiddag.

Mahikeng: 7 °C tot 19 °C

Vryburg: 4 °C tot 22 °C

Vrystaat

Oggendmiskolle in die verre ooste waar dit bewolk sal wees, andersins mooiweer en koud tot koel, word gedeeltelik bewolk in die namiddag. Enkele buie en donderbuie word verwag in die weste en langs Lesothogrens in die namiddag.

Bloemfontein: -2 °C tot 20 °C

Noord-Kaap

Mis langs die kus en aangrensende binneland, andersins mooiweer en koud tot koel. Dit sal gedeeltelik bewolk word in die suidooste met enkele buie en donderbuie.

Kimberley: -0 °C tot 23 °C

Upington: 1 °C tot 21 °C

Wes-Kaap

Mis langs die weskus en bewolk tot gedeeltelik bewolk in die ooste en sentrale dele sowel as langs die suidkus aanvanklik. Dit sal koel wees, maar koud in plekke in die verre suidweste waar dit gedeeltelik bewolk sal wees.

Die wind langs die kus: Lig noord tot noordwes, maar taamlik sterk tot sterk oos tot suidoos aanvanklik in die suide en suidweste.

Kaapstad: 13 °C tot 17 °C

George: 7 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die provinsie sal dit bewolk met mis in plekke aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk en koel met enkele buie en donderbuie in die ooste wees.

Die wind langs die kus: Lig tot matig noordoos, word taamlik sterk tot sterk oos van die Tsitsikamma-kus.

In die oostelike deel van die provinsie is dit bewolk en koel, maar koud in plekke in die noorde met enkele buie en donderbuie in plekke. Oggendmiskolle word verwag in die platorand.

Die wind langs die kus: Taamlik sterk tot sterk noordoos.

Port Elizabeth: 12 °C tot 20 °C

Oos-Londen: 13 °C tot 21 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk met oggendmis in die binneland aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk en koel, maar warm in die noordooste. Dit word mooiweer in plekke in die namiddag.

Die wind langs die kus: Lig wes tot noordwes in die oggend, andersins matig oos tot noordoos. Dit word taamlik sterk suid van Durban.

Durban: 14 °C tot 23 °C

Richardsbaai: 14 °C tot 23 °C

Pietermaritzburg: 6 °C tot 21 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.