Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Koel en winderige toestande sal Vrydag oor groot dele van die land heers terwyl sneeu Vrydag en Saterdag oor die hoogliggende dele van die Wes- en Oos-Kaap en die suidwestelike dele van KwaZulu-Natal verwag word.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat baie koue en winderige toestande oor groot gedeeltes van die binneland teen Vrydagaand kan heers. Donderstorms en ligte hael is in die westelike dele van die Vrystaat, oostelike dele van die Noord-Kaap en Noordwes moontlik.

Gauteng

In die provinsie sal dit mooiweer en koel wees met bewolkte toestande in die middag. ’n Minimum temperatuur van 7 en maksimum van 22 word in Pretoria verwag. In Johannesburg word 5 en 22 verwag en in Vereeniging 3 en 21.

Mpumalanga

Dit sal warm in die Laeveld wees, maar andersins mooiweer en koud. Dit sal later gedeeltelik bewolk oor die westelike Hoëveld word. ’n Minimum van 11 en maksimum van 22 word vir Mbombela voorspel. Ermelo sal na verwagting ’n minimum van 4 en maksimum van 19 haal en eMalahleni 5 en 22.

Limpopo

Dit sal mooiweer en koel wees, maar warm in die Laeveld. Dit sal later gedeeltelik bewolk oor die westelike Bosveld word. ’n Minimum van 6 en 22 word vir Polokwane voorspel. Tzaneen sal 9 en 22 wees, Thabazimbi 6 en 24 en Thoyandou 9 en 22.

Noordwes

Mooiweer, winderig en koel, maar later in die dag sal dit gedeeltelik bewolk wees. Verspreide buie en donderbuie word in die middag in die westelike dele van die provinsie verwag. Vir Mahikeng word 7 en 22 voorspel, vir Vryburg 5 en 20, Rustenburg 6 en 22 en vir Potchefstroom 4 en 22.

Vrystaat

Mooiweer en winderige toestande sal later in die dag in koel tot koue toestande verander. Enkele buie en donderbuie sal voorkom met verspreide buie in die westelike dele.

Die verwagte temperature is 5 en 21 vir Welkom, 8 en 19 vir Bloemfontein en 0 en 18 vir Bethlehem.

Noord-Kaap

Baie koue toestande word op die hoogliggende gebiede in die suide verwag. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koud in die ooste wees waar verspreide buie en donderbuie verwag word. Die wind aan die kus sal matig suid tot suidoos wees en in die noorde sal ’n fris weste- tot suidelike wind waai. In Kimberley word 6 en 20 verwag en in Upington 4 en 17. In De Aar sal dit 1 en 13 wees, Springbok 7 en 12 en Alexanderbaai 11 en 18.

Wes-Kaap

Dit sal koel teen die suidelike kusgebied wees met reënbuie wat deur die oggend sal opklaar behalwe in die verre weste. Ligte sneeuval is op die westelike bergpieke van die provinsie moontlik en ’n matige tot fris westelike tot noordelike wind sal aan die kus waai.

Die volgende temperature word vir die provinsie voorspel: Kaapstad 10 en 15. George 10 en 17, Vredendal 9 en 17, Beaufort-Wes 9 en 13.

Oos-Kaap

Die weerburo sê goeie reën sal Vrydag oor die provinsie val. Die westelike deel van die provinsie sal bewolk en koud met reënbuie wees. Langs die kus en in die binneland aangrensend aan Kaap St. Francis word verspreide buie verwag. ’n Matige weste- tot suidwestelike wind word aan die kus verwag.

Die oostelike dele van die provinsie sal bewolk en koel tot koud wees en later in die oggend word verspreide buie verwag. Sneeu word teen Vrydagaand op die suidelike Drakensberge verwag. Die wind aan die kus sal fris suidwestelik wees.

Port Elizabeth sal na verwagting 11 en 16 wees en Oos-Londen 14 en 19. In die binneland word 8 en 14 vir Graaff-Reinet voorspel, 13 en 18 vir Queenstown en 8 en 20 vir Mthatha.

KwaZulu-Natal

In die provinsie sal dit mooiweer en warm wees, maar koel in die westelike gebied. Teen Vrydagmiddag sal die westelike gebiede gedeeltelik bewolk wees en verspreide buie word Vrydagaand vir die suide voorspel. ’n Matige noordewind wat later noordoos sal waai word teen die kus verwag.

In Durban sal die kwik van 14 tot 26 styg en in Richardsbaai van 17 tot 27 terwyl Pietermaritzburg ’n minimum van 10 en maksimum van 26 kan verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.