Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Vrydag ’n baie hoë kans van brande oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, westelike dele van Noordwes asook die westelike dele van die Vrystaat. Hewige donderstorms sal na verwagting oor die westelike dele van KwaZulu-Natal en die suidelike hoëveld van Mpumalanga voorkom.

Gauteng

Aanvanklik mooiweer, andersins gedeeltelik bewolk en warm met los reënbuie en donderbuie. Minimum en maksimum temperature – Pretoria: 17°C en 34°C; Johannesburg: 15°C en 32°C; Vereeniging: 13°C en 32°C.

Mpumalanga

Oggendmis sal oor die platorand voorkom, andersins sal dit mooiweer en warm wees. In die middag sal gedeeltelik bewolkte toestande heers met los reënbuie en donderbuie. In die aand sal dit bewolk oor die platorand en die oostelike Hoëveld wees met gepaardgaande verspreide reënbuie en donderbuie.

Minimum en maksimum temperature – Mbombela: 17°C en 28°C.

Limpopo

Mooiweer en warm tot baie warm. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk word met los donderbuie wat in die suide sal voorkom.

Minimum en maksimum temperature – Polokwane: 16°C en 32°C.

Noordwes

Mooiweer en warm. Gedeeltelik bewolkte toestande sal later in die provinsie heers.

Mooiweer en koel tot warm. Minimum en maksimum temperature – Mahikeng: 17°C en 35°C; Vryburg: 11°C en 34°C.

Vrystaat

Mooiweer en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk word met gepaardgaande los reënbuie en donderbuie in die ooste. Minimum en maksimum temperature – Bloemfontein: 10°C en 31°C.

Noord-Kaap

Mooiweer in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Koel toestande sal in die suide asook langs die kusgebied voorkom.

Minimum en maksimum temperature – Kimberley: 11°C en 32°C; Upington: 14°C en 32°C.

Wes-Kaap

Mooiweer en warm in die weste, andersins sal dit bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel wees met los reënbuie oor die suidelike dele waar dit koud sal wees. Na verwagting sal dit teen die middag se kant opklaar. Minimum en maksimum temperature – Kaapstad: 17°C en 21°C; George: 13°C en 18°C.

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koud wees met reën asook los reënbuie en verspreide reënbuie suid van die platorand. In die oostelike dele van die provinsie sal gedeeltelik bewolkte en koel toestande voorkom met los reënbuie en donderbuie in die noorde. Andersins sal dit bewolk en koud wees met reën en verspreide reënbuie. Wydverspreide reënbuie word langs die Wildekus verwag.

Minimum en maksimum temperature – Port Elizabeth: 14°C en 15°C; Oos-Londen: 14°C en 15°C.

KwaZulu-Natal

Oggendmis sal oor die binneland voorkom, andersins bewolk en koel met verspreide reënbuie en donderbuie.

Minimum en maksimum temperature – Durban: 16°C en 20°C; Richardsbaai: 18°C en 24°C; Pietermaritzburg: 14 °C en 20°C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.