Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat daar Vrydag ’n baie groot kans op brande in die Weskus-distrik van die Wes-Kaap, asook die westelike en noordwestelike dele van die Noord-Kaap is.

Gauteng

Mooiweer en warm maar gedeeltelik bewolk in die middag. Die minimum en maksimum temperature in Pretoria is 9 °C en 26 °C, in Johannesburg 7 °C en 24 °C en in Vereeniging 3 °C en 24 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en koel tot warm. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk in plekke op die Hoëveld wees met verspreide reën en donderbuie oor die platorand. Die minimum en maksimum temperatuur in Mbombela is 10 °C en 23 °C.

Limpopo

Mooiweer en warm. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk wees. Die minimum en maksimum temperatuur in Polokwane is 9 °C en 22 °C.

Noordwes

Mooiweer en warm tot baie warm. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk in die ooste wees. Die minimum en maksimum temperature in Mahikeng is 10 °C en 27 °C en in Vryburg 5 °C en 28 °C.

Vrystaat

Mooiweer en warm. Die minimum en maksimum temperatuur in Bloemfontein is 8 °C en 26 °C.

Noord-Kaap

Warm langs die kusgebied, andersins mooiweer en warm tot baie warm. Dit sal in die verre westelike dele baie warm wees. Die minimum en maksimum temperature in Kimberley is 10 °C en 29 °C en in Upington 12 °C en 33 °C.

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk oor die suidkus waar dit koel sal wees, andersins mooiweer en warm tot baie warm oor die binneland van die Weskus-distrik. Die minimum en maksimum temperature in Kaapstad is 13 °C en 25 °C en in George 9 °C en 22 °C.

Oos-Kaap

Mooiweer en warm in die westelike dele van die provinsie. In die oostelike deel sal dit ook mooiweer en warm wees met gedeeltelik bewolkte toestande langs die kusgebied. Die minimum en maksimum temperature in Port Elizabeth is 12 °C en 22 °C en in Oos-Londen 12 °C en 22 °C.

KwaZulu-Natal

Mis sal oor die binneland voorkom, andersins sal dit mooiweer en koel maar warm in die noorde wees. In die middag sal gedeeltelik bewolkte toestande heers. Die minimum en maksimum temperature in Durban is 13 °C en 23 °C, in Richardsbaai 14 °C en 23 °C en in Pietermaritzburg 8 °C en 23 °C.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Weer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.