Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Vrydag ’n baie groot kans van brande oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Noordwes en in plekke in die Vrystaat. Hewige reënneerslae oornag, wat tot vloede kan lei, word vir die Kaapse metropool en die Overberg-distrik voorspel. Hewige donderstorms word oor die oostelike dele van die Oos-Kaap, die suid-oostelike dele van die Vrystaat en die suidelike dele van KwaZulu-Natal verwag. Hewige reën sal ook na verwagting die naweek in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga voorkom wat tot vloede kan lei. Uitermatige warm toestande word vir die noord-oostelike dele van KwaZulu-Natal asook die Laeveld in Mpumalanga voorspel.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie. Minimum en maksimum temperature – Pretoria: 19 °C en 29 °C; Johannesburg: 17 °C en 26 °C; Vereeniging: 16 °C en 26 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en warm tot baie warm in die Laeveld. In die middag sal dit gedeeltelik bewolk word met verspreide buie en donderbuie, maar nie in die Laeveld nie. Die buie en donderbuie sal meer verspreid in die Hoëveld voorkom. Minimum en maksimum temperature – Mbombela: 19 °C en 34 °C.

Limpopo

Mooiweer en warm tot baie warm. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk word met verspreide buie en donderbuie, maar nie in die Laeveld nie. Die buie en donderbuie sal meer verspreid oor die westelike Bosveld en suidelike sentrale dele voorkom. Minimum en maksimum temperature – Polokwane: 19 °C en 33 °C.

Noordwes

Gedeeltelik bewolk, winderig en warm tot baie warm met verspreide donderbuie, wat meer geïsoleerd in die weste sal wees. Minimum en maksimum temperature – Mahikeng: 19 °C en 34 °C; Vryburg: 18 °C en 34 °C.

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk, winderig en warm met verspreide donderbuie, wat meer geïsoleerd in die weste sal voorkom. Minimum en maksimum temperature – Bloemfontein: 14 °C en 33 °C.

Noord-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie maar nie oor die sentrale binneland nie. Minimum en maksimum temperature – Kimberley: 17 °C en 31°C; Upington: 17 °C en 30 °C.

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie. Wydverspreide buie en donderbuie sal in die oggend oor die suidwestelike dele voorkom wat tot die moontlikheid van vloede kan lei. Minimum en maksimum temperature – Kaapstad: 15 °C en 19 °C; George: 14 °C en 21 °C.

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en warm, maar koel langs die kusgebied, wees met verspreide buie en donderbuie, wat meer verspreid in die weste sal voorkom. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees. Later in die dag sal dit meer bewolk word met verspreide buie en donderbuie. In die ooste sal die buie en donderbuie nie so verspreid wees nie. Minimum en maksimum temperature – Port Elizabeth: 18 °C en 23 °C; Oos-Londen: 18 °C en 26 °C.

KwaZulu-Natal:

Oggendmis word oor die noord-oostelike binneland verwag, andersins is dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Dit sal in plekke in die noorde uitermatig warm wees. In die middag sal dit bewolk word met verspreide buie en donderbuie, wat in die suide nie so verspreid sal voorkom nie. Minimum en maksimum temperature – Durban: 21 °C en 29 °C; Richardsbaai: 22 °C en 40 °C; Pietermaritzburg: 19 °C en 38 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.