Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermate groot kans vir die ontstaan van brande oor die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, asook die westelike dele van Noordwes en die Vrystaat.

Hewige donderstorms word Vrydag oor die platorand en die hoëveld in Mpumalanga, die westelike Bosveld en die suidelike sentrale dele van Limpopo en die westelike dele van KwaZulu-Natal verwag.

Hittegolftoestande sal ook oor die Vrystaat, Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap voorkom.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie, wat meer verspreid in die noorde sal voorkom waar warm toestande sal heers.

  • Pretoria: 17 °C tot 32 °C
  • Johannesburg: 15 °C tot 30 °C
  • Vereeniging: 15 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste met mis en motreën wat in die oggend op plekke in die Hoëveld en langs die platorand sal voorkom, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie wat ook verspreid sal voorkom. Donderbuie word teen die middag op die Hoëveld verwag wat daarna na verwagting na die platorand, asook die Laeveld, sal versprei.

  • Mbombela: 17 °C tot 24 °C

Limpopo

Aanvanklik bewolk in die ooste met mis en motreën in die oggend, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie wat later meer verspreid sal voorkom. Donderbuie word later ook in die verre suide verwag wat in die aand na die noordelike en sentrale dele sal versprei.

  • Polokwane: 18 °C tot 26 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie in die sentrale en oostelike dele.

  • Mahikeng 24 °C tot 37 °C
  • Vryburg 19 °C tot 39 °C

Vrystaat

Aanvanklik bewolk in die verre noordooste waar dit warm sal wees op plekke, andersins sonnig en warm tot baie warm in die weste. Dit sal in die middag gedeeltelik bewolk word met enkele buie in die noorde en noordooste.

  • Bloemfontein 17 °C tot 37 °C

Noord-Kaap

Bewolk langs die kusgebied met mis in die oggend, andersins sonnig en warm tot baie warm. Dit sal later gedeeltelik bewolk word in die verre noordooste en suidelike dele waar warm toestande sal heers.

  • Kimberley 18 °C tot 38 °C
  • Upington 19 °C tot 37 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk tot gedeeltelik bewolk oor die sentrale en oostelike dele, andersins sonnig en warm, maar bewolk langs die suidkus in die oggend met reën en motreën wat in die aand sal voorkom. Dit sal baie warm wees op plekke in die westelike binneland.

  • Kaapstad 17 °C tot 27 °C
  • George 15 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit sonnig en warm wees, maar gedeeltelik bewolk en koel in die suide met enkele buie en reën langs die kusgebied en aangrensende binneland. In die oostelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met verspreide buie en reën suid van die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die middag.

  • Port Elizabeth 16 °C tot 24 °C
  • Oos-Londen 18 °C tot 22 °C

KwaZulu-Natal

Mis in die oggend oor die binneland met bewolkte en koel toestande, maar warm op plekke in die noorde waar dit gedeeltelik bewolk sal wees. Verspreide buie en donderbuie word ook verwag.

  • Durban 19 °C tot 23 °C
  • Richardsbaai 22 °C tot 25 °C
  • Pietermaritzburg 16 °C tot 20 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.