Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n uitermatige groot kans vir die ontstaan van veldbrande oor die noord-sentrale dele van die Noord-Kaap, die Kaapse-metropool en die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Hewige donderstorms word Vrydag ook oor die noordoostelike dele van die Oos-Kaap verwag. Swaar reënval wat moontlik tot vloede kan lei, word Saterdag in plekke in die Tuinroete-streek en die noordoostelike dele van die Sentraal-Karoo verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie verspreid oor die Hoëveld.

  • Pretoria: 17 °C tot 31 °C
  • Johannesburg: 16 °C tot 30 °C
  • Vereeniging: 15 °C tot 29 °C

Mpumalanga

Aanvanklik bewolk in die ooste met miskolle, andersins gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie, behalwe in die Laeveld. In die suide sal dit ook meer verspreid voorkom.

  • Mbombela: 19 °C tot 27 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die suide.

  • Polokwane: 18 °C tot 29 °C

Noordwes

Baie warm in die weste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie. Winderig op plekke.

  • Mahikeng: 20 °C tot 32 °C
  • Vryburg: 20 °C tot 32 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide buie en donderbuie. Winderig op plekke.

  • Bloemfontein: 18 °C tot 25 °C

Noord-Kaap

Mis in die oggend langs die kusgebied waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Dit sal ook baie warm in die noord-sentrale dele wees met enkele buie en donderbuie in die ooste wat meer verspreid in die verre ooste sal voorkom.

  • Kimberley: 20 °C tot 28 °C
  • Upington: 22 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Sonnig en warm tot baie warm op plekke in die weste en suidweste, andersins meestal bewolk in die oggend. Dit sal koel aan die suidkus wees. Oor die binneland sal dit later die dag gedeeltelik bewolk wees.

  • Kaapstad: 21 °C tot 33 °C
  • George: 16 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koel wees met enkele buie en donderbuie wat meer verspreid in die noorde sal voorkom. In die oostelike dele van die provinsie sal dit bewolk en koel tot warm wees met verspreide buie en donderbuie.

  • Port Elizabeth: 18 °C tot 23 °C
  • Oos-Londen: 20 °C tot 22 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel met verspreide buie en donderbuie wat minder verspreid in die noordooste sal voorkom.

  • Durban: 19 °C tot 23 °C
  • Richardsbaai: 21 °C tot 26 °C
  • Pietermaritzburg: 18 °C tot 23 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.