Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat uiters hoë brandgevaartoestande Vrydag oor die verre noordwestelike dele van die Noord-Kaap kan voorkom.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk aanvanklik met oggendmis in die suide en suidooste, andersins mooiweer en warm. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur vir Pretoria is 16 °C en 30 °C, in Johannesburg 14 °C en 28 °C en in Vereeniging 12 °C en 29 °C.
Mpumalanga
Bewolk in die Laeveld met geïsoleerde buie, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Mbombela is 18 °C en 25 °C.
Limpopo
Bewolk met geïsoleerde buie in die Laeveld en Limpopo-vallei, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die westelike Bosveld. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Polokwane is 15 °C en 27 °C.
Noordwes
Mooiweer en warm, maar dit sal gedeeltelik bewolk raak in die weste met geïsoleerde donderbuie van die middag af. Die minimum en maksimum temperatuur in Mahikeng is 17 °C en 31 °C en in Vryburg 18 °C en 32 °C.
Vrystaat
Bewolk oor die verre ooste aanvanklik met oggendmiskolle, andersins mooiweer en warm, maar gedeeltelik bewolk oor die westelike dele wat in die aand na die ooste versprei. Geïsoleerde donderbuie word verwag oor die westelike dele en langs die Lesotho-grens. In Bloemfontein is die verwagte minimum en maksimum temperatuur 16 °C en 29 °C.
Noord-Kaap
Bewolk met mistige toestande langs die kus en aangrensende binneland aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm maar mooiweer in die verre weste. Geïsoleerde donderbuie word verwag oor die noordelike binneland die oggend en sal suid en ooswaarts versprei na die suidelike en oostelike dele in die middag. Dit sal baie warm wees oor die noordelike binneland. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Kimberley is 18 °C en 31 °C en in Upington 24 °C en 37 °C.
Wes-Kaap
Miskolle langs die Weskus aanvanklik, andersins mooiweer en warm en baie warm oor die westelike dele maar bewolk tot gedeeltelik bewolk oor die suidkus en oostelike binneland waar dit baie warm sal wees, met geïsoleerde middag-donderbuie, en verspreid oor die verre noordooste. Die minimum en maksimum temperatuur in Kaapstad is 19 °C en 29 °C en in George 16 °C en 25 °C.
Oos-Kaap
In die westelike deel van die Oos-Kaap sal dit bewolk en warm wees met geïsoleerde buie en donderbuie, maar verspreid in die noorde.
In die oostelike deel van die provinsie sal dit bewolk en warm wees met verspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die suidweste. Die minimum en maksimum temperatuur in Port Elizabeth is 17 °C en 25 °C en Oos-Londen is 18 °C en 24 °C.
KwaZulu-Natal
Oggendmis oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Verspreide buie en donderbuie word verwag in die suidweste, andersins geïsoleerd, behalwe in die noordweste. Die verwagte minimum en maksimum temperatuur in Durban is 22 °C en 28 °C, in Richardsbaai 21 °C en 30 °C en in Pietermaritzburg 17 °C en 29 °C.