Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het geen weerwaarskuwings vir Vrydag uitgereik nie.

Gauteng

Aanvanklik sonnig, anders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar uiters warm in die noorde met enkele buie en donderbuie.

* Pretoria: 18 °C tot 35 °C

* Johannesburg: 16 °C tot 33 °C

* Vereeniging: 16 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Bewolk in die ooste by tye met miskolle die oggend oor die platorand, anders gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die ooste.

* Mbombela: 17 °C tot 23 °C

Limpopo

Bewolk in die ooste by tye met miskolle die oggend oor die platorand, anders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie in die suide en sentrale dele.

* Polokwane: 17 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig in die weste, anders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die ooste van die middag af.

* Mahikeng: 16 °C tot 35 °C

* Vryburg: 15 °C tot 35 °C

Vrystaat

Miskolle die oggend in die verre ooste waar dit bewolk sal wees, anders sonnig en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele buie en donderbuie.

* Bloemfontein: 9 °C tot 31 °C

Noord-Kaap

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die noordelike dele waar dit baie warm sal wees. Baie warm ook langs die suidwestelike kus. ’n Matige tot fris suide- tot suidoostewind aan die kus wat later in ’n sterk suidoostewind verander.

* Kimberley: 10 °C tot 31 °C

* Upington: 14 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Sonnig en warm, maar baie warm langs die Weskus, anders gedeeltelik bewolk tot bewolk en koel tot warm oor die oostelike dele met ligte buie die oggend aan die suidkus. Matige tot fris suidooste- tot oostewind langs die kus wat sterk raak tussen Saldanhabaai en Kaappunt die middag.

* Kaapstad: 13 °C tot 23 °C

* George: 12 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

Bewolk en koel in die westelike helfte van die provinsie suid van die platorand met ligte reën langs die kus aanvanklik, anders gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Matige tot fris westewind aan die kus wat suid draai in die middag.

Bewolk en koel in die oostelike helfte met ligte reën die aand op plekke langs die kus en omliggende binneland, maar gedeeltelik bewolk en warm in die verre noordweste. Matige tot fris westewind aan die kus wat suid draai in die middag.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 22 °C

KwaZulu -Natal

Miskolle oor die binneland, anders bewolk en koel met reën die oggend en aand en enkele verspreide buie in die ooste. Matige suide- tot suidwestewind aan die kus.

* Durban: 17 °C tot 22 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 23 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 18 °C

Meer oor:  Weer Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.