SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen toestande wat kan lei tot die ontstaan van veldbrande oor die binneland van die Noord-Kaap asook die westelike dele van die Vrystaat.

Gauteng

Dit sal gedeeltelik bewolk en warm wees met geïsoleerde reënbuie en donderstorms. In die noorde van die provinsie sal dit baie warm wees.

* Pretoria: 16 °C tot 32 °C

* Johannesburg: 15 °C tot 30 °C

* Vereeniging: 15 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Dit sal bewolk en warm wees met miskolle in die oggend in die ooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met verspreide reën- en donderstorms wat plek-plek in die ooste sal uitsak.

* Mbombela: 18 °C tot 28 °C

Limpopo

Bewolk met miskolle in die oggend. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees met verspreide reënbuie en donderstorms wat plek-plek in die ooste sal voorkom.

* Polokwane: 20 °C tot 28 °C

Noordwes

Dit sal gedeeltelik bewolk en warm wees tot baie warm met geïsoleerde reënbuie en donderstorms wat in die weste verwag kan word.

* Mahikeng: 20 °C tot 33 °C

* Vryburg: 20 °C tot 34 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm, maar dit sal gedeeltelik bewolk word in die noordooste met reënbuie en donderstorms wat plek-plek in die noordoostelike uithoeke van die provinsie verwag kan word.

* Bloemfontein: 15 °C tot 33 °C

Noord-Kaap

Sonnig en koel langs die kus waar dit aanvanklik mistig en oortrokke sal wees teen die aand. In die binneland sal dit sonnig en warm tot baie warm wees, maar uitermate warm in die heel noorde van die provinsie.

* Upington: 19 °C tot 37 °C

* Kimberley: 17 °C tot 35 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk oor die suide en langs die weskus, andersins sonnig en koel tot warm, maar baie warm op plekke oor die sentraal en oostelike binneland. In die suidweste sal dit bewolk raak teen die aand.

* Kaapstad: 15 °C tot 24 °C

* George: 12 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele van die provinsie sal dit mistig wees in die oggend. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees, maar koel langs die kus.

Dit sal bewolk en mistig wees in die oostelike dele van die Oos-Kaap met reën wat teen die aand verwag word. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees, maar koel langs die suide van die platorand met reën wat verspreid oor die noordooste sal voorkom. In die noordooste en suidooste sal dit sonnig wees in die middag.

* Port Elizabeth: 12 °C tot 24 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmis oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk maar bewolk in die ooste en warm tot koel in die suide. Verspreide reënbuie en donderstorms word verwag oor die noordweste.

* Durban: 18 °C tot 24 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 24 °C

Meer oor:  Weer N Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.