Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor die gevaar van veldbrande oor die noordelike dele van die Noord-Kaap en Noordwes Vrydag. Donderbuie sal na verwagting oor die oostelike dele van die Oos-Kaap voorkom.

Gauteng

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk teen die middag. Ligte reën en donderbuie kan verwag word.

* Pretoria: 16 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 15 °C tot 26 °C

* Vereeniging: 14 °C tot 26 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die ooste met oggendmis. Ligte reën en donderweer kan later die aand verwag word.

* Mbombela: 16 °C tot 24 °C

Limpopo

Bewolk oor die ooste met oggendmis. Ligte reën en donderweer word vir die suidwestelike dele voorspel.

* Polokwane: 16 °C tot 24 °C

Noordwes

Sonnig en warm. Oggendmis sal oor die noordoostelike dele voorkom. Gedeeltelik bewolk in die ooste, wat in die middag na die weste sal versprei.

* Mahikeng: 18 °C tot 30 °C

* Vryburg: 17 °C tot 33 °C

Vrystaat

Sonnig en warm, tot baie warm. Ligte reën en donderweer word vir die sentrale dele voorspel.

* Bloemfontein: 14 °C tot 32 °C

Noord-Kaap

Sonnig en warm. Bewolk in die weste met oggendmis.

* Kimberley: 17 °C tot 35 °C

* Upington: 17 °C tot 33 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel. Dele van die Wes- en Suidkus sal oggendmis hê. Die wind langs die kus sal sterk waai.

In die aand sal donderweer oor die noordelike en oostelike dele van die provinsie voorkom.

* Kaapstad: 18 °C tot 27 °C

* George: 17 °C tot 25 °C

Oos-Kaap

Oggendmis in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele ligte buie. Die wind langs die kus sal in die middag sterk wees.

* Port Elizabeth: 18 °C tot 25 °C

* Oos-Londen: 18 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm met baie warm toestande in die noordooste.

* Durban: 18 °C tot 25 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 26 °C

* Pietermaritzburg: 15 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.