Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Vrydag ’n groot brandgevaar in die Beaufort-Wes-gebied in die Wes-Kaap, asook in die noordelike dele van die Oos-Kaap.

Gauteng

Oggendmis oor die suidelike dele, andersins gedeeltelik bewolk en koel.

* Pretoria: 13 °C tot 24 °C

* Johannesburg: 12 °C tot 22 °C

* Vereeniging: 12 °C tot 24 °C

Mpumalanga

Oggendmiskolle word langs die platorand verwag, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die Laeveld.

* Mbombela: 16 °C tot 24 °C

Limpopo

Oggendmiskolle oor die platorand, andersins koel tot warm.

* Polokwane: 12 °C tot 22 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderstorms in die weste en suide.

* Mahikeng: 13 °C tot 26 °C

* Vryburg: 14 °C tot 27 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm met geïsoleerde buie en donderstorms wat verspreid oor die suide sal voorkom. Dit sal koel in die ooste wees.

* Bloemfontein: 11 °C tot 26 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde buie en donderstorms in die noorde en ooste, maar verspreid in die suidooste.

* Kimberley: 13 °C tot 28 °C

* Upington: 18 °C tot 30 °C

Wes-Kaap

Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm. Dit sal koud wees langs die suidkus asook oor die aangrensende binneland oor die suidelike hoogland.

* Kaapstad: 18 °C tot 22 °C

* George: 9 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm in die westelike dele met geïsoleerde buie oor die binneland.

Oor die oostelike dele sal dit bewolk en warm wees met geïsoleerde buie wat oor die binneland verwag kan word. Dit kan teen die aand versprei na die noorde en kusstreke.

* Port Elizabeth: 15 °C tot 26 °C

* Oos-Londen: 16 °C tot 28 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die oggend met miskolle plek-plek in die binneland. Andersins sal dit warm wees, maar koel in die suidweste. Geïsoleerde buie en donderstorms word verwag in die weste en die suidelike binneland.

* Durban: 17 °C tot 28 °C

* Richardsbaai: 20 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 30 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.