Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor swaar reën wat Vrydag van die middag af tot oorstromings in die westelike en suidwestelike dele van die Wes-Kaap kan lei.

’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande wat tot wegholveldbrande in die oostelike binneland van die Noord-Kaap, noordelike binneland van die Oos-Kaap, westelike dele van Noordwes sowel as die westelike en suidelike dele van die Vrystaat kan lei.

Sneeu kan ook oor die berge in die weste van die Wes-Kaap en die suidwestelike hoogliggende dele van die Noord-Kaap vanaf die middag voorkom.

’n Onstuimige see met deinings van ses tot agt meter hoog word tussen Alexanderbaai en Kaappunt verwag.

Stormsterke noordwestelike winde kan oor die Oos-Kaapse binneland voorkom.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en koel.

• Pretoria: 6 °C tot 22 °C

• Johannesburg: 5 °C tot 21 °C

• Vereeniging: 2 °C tot 20 °C

Mpumalanga

Miskolle in die oggend oor die Hoëveld, andersins sonnig en koel maar warm in die Laeveld. Gedeeltelik bewolk later in die dag.

• Mbombela: 8 °C tot 24 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm.

• Polokwane: 6 °C tot 23 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins sonnig en koel.

• Mahikeng: 6 °C tot 25 °C

• Vryburg: 5 °C tot 24 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en koel.

• Bloemfontein: 6 °C tot 22 °C

Noord-Kaap

Sonnig in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar bewolk in die weste en in die suide met enkele tot verspreide buie. Dit sal baie koud wees in die suidwestelike hoogliggende dele met die moontlikheid van sneeu later in die dag.

• Kimberley: 9 °C tot 23 °C

• Upington: 11 °C tot 23 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koud met enkele tot verspreide buie. Wydverspreide en swaar reënval sal in die suidweste voorkom, wat tot oorstromings kan lei. Sneeu kan vanaf die middag oor die berge in die weste voorkom met ligte sneeu oor die oostelike berge in die aand.

• Kaapstad: 12 °C tot 14 °C

• George: 10 °C tot 15 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit koud wees in die suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met sterk wind in die binneland. Dit sal bewolk word vanuit die weste met enkele buie later in die dag. In die oostelike dele sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met sterk wind in plekke in die binneland.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 21 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 25 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm maar koel in die weste.

• Durban: 15 °C tot 26 °C

• Richardsbaai: 15 °C tot 28 °C

• Pietermaritzburg: 10 °C tot 26 °C

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.