Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing vir Vrydag uitgereik oor sterk wind van 50 tot 70 km/h wat stofstorms oor die Richtersveld-, Nama Khoi- en Kamiesberg-munisipaliteit in die Noord-Kaap kan veroorsaak.

Gauteng

Miskolle in die oggend op plekke, andersins gedeeltelik bewolk en koud maar koel in die noorde.

• Pretoria: 7 °C tot 19 °C

• Johannesburg: 6 °C tot 17 °C

• Vereeniging: 4 °C tot 17 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel tot koud met ligte reën in die oggend oor die oostelike Hoëveld, waar dit baie koud sal wees.

• Mbombela: 9 °C tot 13 °C

Limpopo

Bewolk en koel tot koud met motreën langs die platorand in die oggend en weer later in die dag.

• Polokwane: 7 °C tot 16 °C

Noordwes

Sonnig en koel met gedeeltelike bewolktheid in die suidooste wat later die dag noordoos sal uitbrei.

• Mahikeng: 3 °C tot 23 °C

• Vryburg: -3 °C tot 22 °C

Vrystaat

Koud in die suide, andersins sonnig en koel. In die ooste sal dit aanvanklik bewolk en koud wees met miskolle.

• Bloemfontein: -4 °C tot 19 °C

Noord-Kaap

In die ooste sal dit sonnig en koel wees maar koud in die suide. In die weste sal dit sonnig en koel wees maar warm in die noordweste met ’n moontlikheid van stofstorms in die noordwestelike dele.

• Kimberley: -3 °C tot 19 °C

• Upington: -1 °C tot 19 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel met ryp op plekke in die oostelike binneland.

• Kaapstad: 10 °C tot 22 °C

• George: 7 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit bewolk wees met miskolle op plekke in die oggend, andersins sonnig en koud. Dit sal koel en gedeeltelik bewolk langs die kus wees.

In die oostelike dele sal dit koel wees langs die kusgebied, andersins sonnig en koud en gedeeltelik bewolk in die suide.

• Port Elizabeth: 9 °C tot 18 °C

• Oos-Londen: 10 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk in die noorde, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar koud in die weste. Later in die dag sal dit sonnig wees.

• Durban: 11 °C tot 20 °C

• Richardsbaai: 13 °C tot 20 °C

• Pietermaritzburg: 3 °C tot 19 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.