Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing oor erge donderstorms vir Vrydag oor die Chris Hani-, Joe Gqabi-, Alfred Nzo-, Raymond Mhlaba- en Makana- munisipale distrik in die Oos-Kaap uitgereik.

Daar word ook gewaarsku oor toestande wat tot wegholveldbrande op plekke in die binneland, die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, die Sentraal-Karoo en die westelike en sentrale dele van die Oos-Kaap kan lei.

Uitermatige warm toestande word ook in die Prins Albert-munisipale gebied in die Wes-Kaap verwag. ’n Hittegolf, wat tot Saterdag duur, word vir die Karoo-Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwag.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie later die dag.

• Pretoria: 14 °C tot 33 °C

• Johannesburg: 12 °C tot 31 °C

• Vereeniging: 13 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Aanvanklik sonnig en warm tot baie warm, maar bewolk in die ooste en langs die platorand met miskolle. Gedeeltelik bewolk in die middag met enkele donderbuie in die weste.

• Mbombela: 15 °C tot 27 °C

Limpopo

Bewolk in die oggend in die ooste met miskolle langs die platorand, andersins sonnig en warm tot baie warm.

Gedeeltelik bewolk en uitermatig warm in die suidwestelike Bosveld later die dag.

• Polokwane: 14 °C tot 28 °C

Noordwes

Sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met donderbuie in die suide later die dag.

• Mahikeng: 17 °C tot 35 °C

• Vryburg: 16 °C tot 37 °C

Vrystaat

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die middag met donderbuie.

• Bloemfontein: 16 °C tot 34 °C

Noord-Kaap

Mistig in die oggend en later die dag langs die kusgebied waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm op plekke in die suidweste. Bewolk oor die sentrale dele later die dag met donderbuie.

• Kimberley: 20 °C tot 38 °C

• Upington: 22 °C tot 39 °C

Wes-Kaap

Mistig in die oggend langs die suidkus, andersins sonnig en warm tot baie warm. Uitermatig warm op plekke in die noordwestelike binneland. Warm langs die suidwestelike en suidelike kusgebiede.

• Kaapstad: 14 °C tot 22 °C

• George: 14 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit warm wees op plekke langs die kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag. Uitermatig warm op plekke in die binneland.

In die oostelike dele sal dit baie warm wees op plekke suid van die platorand, andersins sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag. Uitermatig warm op plekke in die suidwestelike dele.

• Port Elizabeth: 17 °C tot 34 °C

• Oos-Londen: 16 °C tot 34 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk tot bewolk in die oggend in die ooste met mis oor die binneland, andersins sonnig en warm tot baie warm in die binneland. Gedeeltelik bewolk in die weste later die dag met enkele donderbuie.

• Durban: 18 °C tot 28 °C

• Richardsbaai: 20 °C tot 29 °C

• Pietermaritzburg: 14 °C tot 34 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.