Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat weerstoestande Vrydag tot wegholbrande in die sentrale dele van die Noord-Kaap en die westelike dele van die Vrystaat kan lei.
Gauteng
Sonnig en warm. Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie later die dag in die noordelike en suidelike dele.
• Pretoria: 18 °C tot 30 °C
• Johannesburg: 16 °C tot 28 °C
• Vereeniging: 16 °C tot 29 °C
Mpumalanga
Bewolk in die ooste met ’n kans op motreën oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot koel met enkele donderbuie later die dag.
• Mbombela: 17 °C tot 25 °C
Limpopo
Aanvanklik bewolk in die ooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie. Baie warm in die weste.
• Polokwane: 18 °C tot 25 °C
Noordwes
Sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk in die middag met enkele donderbuie.
• Mahikeng: 15 °C tot 33 °C
• Vryburg: 14 °C tot 35 °C
Vrystaat
Aanvanklik bewolk in die verre ooste en warm met miskolle, andersins sonnig en baie warm. Gedeeltelik bewolk later die dag met enkele donderbuie.
• Bloemfontein: 11 °C tot 33 °C
Noord-Kaap
Baie warm in die noordweste, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die noorde met enkele donderbuie in die noordooste.
• Kimberley: 11 °C tot 35 °C
• Upington: 19 °C tot 39 °C
Wes-Kaap
Sonnig in die noordelike dele, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm.
• Kaapstad: 13 °C tot 26 °C
• George: 13 °C tot 22 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit warm wees, andersins gedeeltelik bewolk en koel.
In die ooste sal dit gedeeltelik bewolk wees, andersins bewolk en koel met enkele donderbuie en reën oor die platorand.
• Port Elizabeth: 13 °C tot 21 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 20 °C
KwaZulu-Natal
Bewolk in die ooste met miskolle oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm in die noorde en weste. Enkele donderbuie word verwag wat meer verspreid sal voorkom langs die kusgebied en die aangrensende binneland.
• Durban: 16 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 18 °C tot 24 °C
• Pietermaritzburg: 12 °C tot 17 °C