Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor sterk wind Vrydag wat moontlik probleme met navigasie op see tussen Lambertsbaai en Hermanus in die Wes-Kaap kan veroorsaak. Weerstoestande kan ook Vrydag tot wegholbrande in die Kamiesberg-, Kai !Garib- en Dawid Kruiper-munisipaliteit in die Noord-Kaap, sowel as Matzikama, Saldanhabaai, Kaapstad en Stellenbosch in die Wes-Kaap lei.
Gauteng
Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie later die dag.
• Pretoria: 14 °C tot 28 °C
• Johannesburg: 13 °C tot 26 °C
• Vereeniging: 15 °C tot 28 °C
Mpumalanga
Miskolle in die oggend oor die platorand, andersins bewolk en warm met enkele donderbuie wat meer verspreid oor die Hoëveld sal voorkom. Baie warm in die Laeveld.
• Mbombela: 14 °C tot 29 °C
Limpopo
Bewolk en warm met enkele donderbuie.
• Polokwane: 16 °C tot 30 °C
Noordwes
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die weste.
• Mahikeng: 15 °C tot 30 °C
• Vryburg: 15 °C tot 33 °C
Vrystaat
Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderbuie. Enkele donderbuie in die weste.
• Bloemfontein: 12 °C tot 31 °C
Noord-Kaap
Mistig in die oggend langs die kusgebied waar dit koel sal wees, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die noordooste met enkele donderbuie. Baie warm in die noorde.
• Kimberley: 14 °C tot 34 °C
• Upington: 19 °C tot 37 °C
Wes-Kaap
Bewolk en koel met motreën oor die suidkus, andersins sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die oostelike dele.
• Kaapstad: 17 °C tot 25 °C
• George: 11 °C tot 19 °C
Oos-Kaap
In die weste sal dit gedeeltelik bewolk wees noord van die platorand in die oggend, andersins bewolk en koel met motreën langs die kusgebiede.
In die ooste sal dit bewolk en koel wees met enkele donderbuie wat meer verspreid langs die kusgebied sal voorkom. Gedeeltelik bewolk en sonnig noord van die platorand.
• Port Elizabeth: 15 °C tot 18 °C
• Oos-Londen: 15 °C tot 18 °C
KwaZulu-Natal
Mistig in die oggend oor die binneland, andersins bewolk en koel met verspreide donderbuie. Warm in die noordooste.
• Durban: 18 °C tot 21 °C
• Richardsbaai: 19 °C tot 23 °C
• Pietermaritzburg: 13 °C tot 16 °C