Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Uiters warm weerstoestande word vir Vrydag in dele van die Noord-Kaap, die Sentraal-Karoo en in die Langeberg-gebied in die Wes-Kaap voorspel.

’n Hittegolf word ook in die Matzikama- munisipale streek en die suidelike deel van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap voorspel.

In die sentrale en oostelike binneland van die Wes-Kaap en die westelike en noordelike binneland van die Oos-Kaap sal die hittegolf tot Saterdag voortduur.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

• Pretoria: 18 °C tot 33 °C

• Johannesburg: 17 °C tot 31 °C

• Vereeniging: 17 °C tot 31 °C

Mpumalanga

Aanvanklik mistig, andersins gedeeltelik bewolk en warm.

• Mbombela: 19 °C tot 30 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm.

• Polokwane: 18 °C tot 28 °C

Noordwes

Warm tot baie warm en later bewolk met reënbuie en donderbuie.

• Mahikeng: 19 °C tot 32 °C

• Vryburg: 22 °C tot 33 °C

Vrystaat

Aanvanklik matige weer en later gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met reënbuie en donderbuie, behalwe in die verre oostelike dele.

• Bloemfontein: 20 °C tot 34 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met reënbuie en donderbuie in die sentrale en oostelike dele. Baie warm in die suide. Die wind aan die kus is matig tot sterk suid-suidwes.

• Kimberley: 22 °C tot 34 °C

• Upington: 27 °C tot 38 °C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk met mis aan die suidkus, andersins matig tot warm aan die kusgebied, maar warm tot baie warm in die westelike binneland en uiters warm in die sentrale en oostelike binneland.

Die wind aan die kus sal matig wees in die oggend en later matig tot sterk suidoos waai.

• Kaapstad: 21 °C tot 30 °C

• George: 17 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

Bewolk en warm met mis in die oggend in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met donderbuie in die noordooste.

Die wind sal matig tot sterk aan die kus waai, en sterk in Port Elizabeth teen die middag.

• Port Elizabeth: 17 °C tot 27 °C

• Oos-Londen: 20 °C tot 29 °C

KwaZulu-Natal

Aanvanklik mistig in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm maar baie warm in die noorde. Reënbuie en donderbuie in die middag in die suidweste.

• Durban: 22 °C tot 29 °C

• Richardsbaai: 22 °C tot 31 °C

• Pietermaritzburg: 18 °C tot 33 °C

Meer oor:  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.