Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor stormsterkte wind wat Vrydag in die sentrale en die westelike dele van die Wes-Kaap, die noordwestelike dele van die Oos-Kaap sowel as die verre suidelike dele van die Noord-Kaap kan voorkom.

Stormsterkte wind kan Vrydag tot onstuimige seetoestande tussen Lambertsbaai en Kaap Agulhas lei en sal moontlik later die dag oorbeweeg na Plettenbergbaai. ’n Waarskuwing is ook uitgereik oor toestande Vrydag wat tot wegholbrande in die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Sentrale Karoo en die noordwestelike dele van die Oos-Kaap kan lei.

Gauteng

Sonnig en koel.

• Pretoria: 6 °C tot 23 °C

• Johannesburg: 4 °C tot 20 °C

• Vereeniging: 3 °C tot 20 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel, maar warm in die Laeveld.

• Mbombela: 10 °C tot 25 °C

Limpopo

Sonnig en koel tot warm.

• Polokwane: 5 °C tot 23 °C

Noordwes

Sonnig en koel.

• Mahikeng: 6 °C tot 24 °C

• Vryburg: 8 °C tot 22 °C

Vrystaat

Sonnig en koel.

• Bloemfontein: 3 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Mistig in die oggend langs die kusgebied, andersins sonnig en koel maar koud in die suide.• Kimberley: 5 °C tot 24 °C

• Upington: 7 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Sonnig en koel. Dit sal later gedeeltelik bewolk tot bewolk wees oor die suidwestelike dele met frontale motreën laatoggend en ligte tot matige reën teen die middag wat na die westelike binneland versprei.

• Kaapstad: 13 °C tot 17 °C

• George: 11 °C tot 25 °C

Oos-Kaap

Miskolle in die oggend oor die binneland, andersins sonnig en koel, maar plek-plek winderig. Gedeeltelik bewolk in die middag.

• Gqeberha: 10 °C tot 22 °C

• Oos-Londen: 13 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Mistig in die oggend oor die binneland en aanvanklik gedeeltelik bewolk in die suide, andersins sonnig en koel. Warm in die noordooste.

• Durban: 12 °C tot 22 °C

• Richardsbaai: 13 °C tot 25 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.