Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Vrydag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor toestande Vrydag wat bevorderlik is tot wegholbrande in die verre oostelike dele van die Noord-Kaap asook die suidwestelike dele van die Noordwes en die noordelike dele van die Oos-Kaap.

Gauteng

Sonnig en koel, maar warm in die noorde.

• Pretoria: 6 °C tot 25 °C

• Johannesburg: 4 °C tot 23 °C

• Vereeniging: 4 °C tot 23 °C

Mpumalanga

Sonnig en koel tot warm. Baie warm in die Laeveld.

• Mbombela: 11 °C tot 29 °C

Limpopo

Sonnig en warm. Baie warm in die suidelike Laeveld.

• Polokwane: 6 °C tot 25 °C

Noordwes

Sonnig en warm.

• Mahikeng: 5 °C tot 27 °C

• Vryburg: 4 °C tot 27 °C

Vrystaat

Winderig in die oostelike dele, andersins sonnig en koel. Warm in die verre noordweste.

• Bloemfontein: 3 °C tot 24 °C

Noord-Kaap

Bewolk in die oggend met mis in die aand in die noordweste, andersins sonnig en koel tot warm.

• Kimberley: 6 °C tot 25 °C

• Upington: 6 °C tot 26 °C

Wes-Kaap

Sonnig in die middag, andersins bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm met mis in die oggend en later die dag langs die kusgebied en op plekke in die binneland.

• Kaapstad: 12 °C tot 20 °C

• George: 10 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Miskolle op plekke, andersins sonnig en koel. Bewolk met ’n kans op ligte reën in die oggend langs die kusgebied.

• Gqeberha: 14 °C tot 20 °C

• Oos-Londen: 15 °C tot 22 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die suide en suidooste met mis in die oggend, andersins sonnig en warm.

• Durban: 13 °C tot 23 °C

• Richardsbaai: 13 °C tot 25 °C

• Pietermaritzburg: 8 °C tot 27 °C

bergrivier
Die Bergrivier-kanomaraton het Donderdagoggend in die Paarl afgeskop en eindig Sondag in Velddrif. Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.