Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Woensdag ’n baie hoë kans van veldbrande in Noordwes, Gauteng, die noorde van die Vrystaat, die suidelike en westelike Hoëveld, die Laeveld van Mpumalanga en die noordweste van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Mooiweer en warm. In Pretoria is die minimum temperatuur 10 °C en 29 °C, in Johannesburg 6 °C en 27 °C en op Vereeniging 4 °C en 28 °C.

Mpumalanga

Mooiweer en warm tot baie warm in die Laeveld.

Op Mbombela styg die temperatuur van 12 °C die oggend tot 29 °C later in die dag.

Limpopo

Mooiweer en warm tot baie warm. Op Polokwane styg die kwik van 10 °C tot 29 °C.

Noordwes

Mooiweer en warm. In Mahikeng is die minimum temperatuur 6 °C en die maksimum 30 °C en op Vryburg 3 °C en 28 °C.

Vrystaat

Mooiweer en koel tot warm. Bloemfontein se minimum en maksimum temperatuur is 2 °C en 25 °C.

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk met misnewels in die kusgebied, andersins sal dit mooiweer en koel tot warm wees met koue toestande in die suidelike binneland.

In Kimberley styg die kwik van 6 °C tot 26 °C en op Upington van 7 °C tot 25 °C.

Wes-Kaap

Bewolk in die weste met ligte reën en reën in die suid-westelike kusgebied en aangrensende binneland. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot koud wees met mooiweer in die noordoostelike binneland.

In Kaapstad is die minimum temperatuur 12 °C en die maksimum 17 °C en in George 7 °C en 19 °C.

Oos-Kaap

In die weste sal dit mooiweer en koel wees met gedeeltelik bewolkte toestande suid van die Darlingtondam. In die ooste sal dit mooiweer en koel wees met warm toestande oor dele van die binneland. Dit word later bewolk en gedeeltelik bewolk suid van die Winterberge.

In Port Elizabeth styg die temperatuur van 8 °C tot 19 °C en in Oos-Londen van 10 °C tot 22 °C.

KwaZulu-Natal

Oggendmisnewels word vir die noordoostelike binneland voorspel, andersins sal dit mooiweer en warm wees, en baie warm in die noorde. In die aand sal dit gedeeltelik bewolk word uit die ooste.

In Durban is die minimum temperatuur 10 °C en die maksimum 27 °C, op Richardsbaai 14 °C en 30 °C en in Pietermaritzburg 8 °C en 30 °C.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.