Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Daar is geen waarskuwings van die Suid-Afrikaanse Weerdiens vir Woensdag nie.

Gauteng

Mooiweer en warm.

In Pretoria is die minimum temperatuur 9 °C en die maksimum 24 °C, in Johannesburg 7 °C en 22 °C en in Vereeniging 6 °C en 21 °C.

Mpumalanga

Dit sal bewolk wees met oggendmiskolle en ligte reën oor plekke in die platorand. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees elders.

In Mbombela is die minimum temperatuur 14 °C en die maksimum 22 °C.

Limpopo

Dit sal bewolk wees met oggendmiskolle en ligte reën oor plekke in die platorand. Andersins sal dit gedeeltelik bewolk en koel tot warm wees op ander plekke.

In Polokwane is die minimum temperatuur 10 °C en die maksimum 23 °C.

Noordwes

Mooiweer en koel tot warm weer kan verwag word.

In Mahikeng is die minimum temperatuur 8 °C en die maksimum 25 °C en in Vryburg 4 °C en 25 °C.

Vrystaat

Oggendmis sal plek-plek voorkom in die oostelike dele van die provinsie, andersins sal dit mooiweer en koel wees.

In Bloemfontein is die oggendtemperatuur 5 °C. Dit styg tot 23 °C.

Noord-Kaap

Dit sal mooiweer en koel tot warm word. Teen die aand se kant sal dit gedeeltelik bewolk word in die noordelike dele.

Kimberley se minimum temperatuur is 6 °C en die maksimum 24 °C en dié van Upington is 6 °C en 28 °C.

Wes-Kaap

Oggendmis sal oor die suidwestelike dele voorkom. Dit sal gedeeltelik bewolk word later, met dié weer wat teen die aand se koers na die suidkus sal versprei. Op ander plekke sal dit mooiweer en koel wees.

In Kaapstad is die minimum temperatuur 12 °C en die maksimum 19 °C en in George is dit 8 °C en 21 °C.

Oos-Kaap

In die westelike helfte van die streek sal dit mooiweer en koel wees.

Dit sal bewolk in die oostelike helfte van die provinsie wees met mis in die suide en oor die platorand vroegoggend. Andersins mooiweer en koel.

In Port Elizabeth is die minimum temperatuur 9 °C en die maksimum 21 °C en in Oos-Londen 12 °C en 22 °C.

KwaZulu-Natal

Mistige weer sal in die oggend voorkom oor plekke in die binneland, anders sal dit gedeeltelik bewolk en koel bly. Mooiweer kan verwag word teen die middag.

In Durban styg die kwik van 16 °C tot 24 °C, terwyl dit in Richardsbaai van 18 °C tot 25 °C sal wissel. In Pietermaritzburg sal die minimum temperatuur 12 °C tot 23 °C styg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.