Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen onstuimige seetoestande met deinings van 6 m en hoër tussen Kaap Columbine en Kaap Agulhas, wat laatoggend na verwagting na Plettenbergbaai sal uitbrei. Die toestande sal later na Oos-Londen uitbrei.

Gauteng

Mooiweer en koel.

Pretoria: 6 °C tot 22 °C

Johannesburg: 5 °C tot 20 °C

Vereeniging: 2 °C tot 20 °C

Mpumalanga

Mooiweer en koel, maar warm op die Laeveld.

Mbombela/Nelspruit: 10 °C tot 25 °C

Limpopo

Mooiweer en warm, maar koel in die sentrale dele. Polokwane: 7 °C tot 24 °C

Noordwes

Mooiweer en koel tot warm.

Mahikeng: 6 °C tot 24 °C

Vryburg: 3 °C tot 23 °C

Vrystaat

Mooiweer en koel, maar later winderig in die suide. Bloemfontein: 3 °C tot 23 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk met ligte reën in die weste en suidweste, andersins gedeeltelik bewolk en koud tot koel, maar mooiweer in die ooste. Dit sal baie koud wees in die suide. Die wind langs die kus is matig suid en word namiddag taamlik sterk.

Kimberley: 1 °C tot 24 °C

Upington: 4 °C tot 21 °C

Wes-Kaap

Bewolk en koud met reënbuie in die oggend, behalwe in die noordooste waar dit gedeeltelik bewolk sal wees.

Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk suidwes, maar sterk langs die suidkus.

Kaapstad: 14 °C tot 16 °C

George: 10 °C tot 17°C

Oos-Kaap

Mooiweer en koel, maar dit word namiddag bewolk met enkele buie langs die kus en die aangrensende binneland wat na verwagting in die aand sal uitbrei na die noorde.

Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk wes en word laatoggend sterk tot amper stormsterk.

In die oostelike dele is dit mooiweer en koel, maar warm op plekke suid van die oostelike platorand. Dit word bewolk met enkele buie op plekke suid van die platorand.

Die wind langs die kus is lig noordwes en dit word namiddag taamlik sterk tot sterk suidwes.

Port Elizabeth: 11 °C tot 19 °C

Oos-Londen: 12 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmis oor die noordoostelike binneland, andersins mooiweer en warm, maar koel op plekke. Dit sal teen die aand gedeeltelik bewolk word vanaf die suidooste met enkele reënbuie in die verre suidooste. Die wind langs die kus is matig tot taamlik sterk noord tot noordoos, en word teen laatoggend suidwes vanaf die suide wat teen die aand noordwaarts sal uitbrei.

Durban: 13 °C tot 24 °C

Richardsbaai: 15 °C tot 27 °C

Pietermaritzburg: 6 °C tot 26 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.