Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Swaar reën kan Vrydag oor die Wes-Kaapse Wynlande, Overberg en Kaapse metropool uitsak en oorstromings word in die stedelike gebiede verwag, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens Dinsdag gesê.

Sterk tot stormsterk wind word Vrydag verwag oor die Sentraal-Karoo-distrik van die Wes-Kaap, die kusgebiede tussen Kaappunt en Port Elizabeth en in die Hantam en Karoo Hoogland-munisipaliteit in die Noord-Kaap.

Gauteng

Mooiweer en koel.

  • Pretoria: 6 °C tot 21 °C
  • Johannesburg: 4 °C tot 20 °C
  • Vereeniging: -1 °C tot 19 °C

Mpumalanga

Mooiweer en koel, maar warm in die Laeveld. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk in die ooste word.

  • Mbombela: 8 °C tot 21 °C

Limpopo

Mooiweer en koel tot warm. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk in die verre ooste word.

  • Polokwane: 2 °C tot 22 °C

Noordwes

Mooiweer en koel.

  • Mahikeng: 4 °C tot 21 °C
  • Vryburg: 2 °C tot 22 °C

Vrystaat

Mooiweer en koel.

  • Bloemfontein: 1 °C tot 20 °C

Noord-Kaap

Koel oor die suidelike binneland met ryp in die oggend op die hoë gebiede. Andersins sal dit mooiweer en warm wees.

Die wind aan die kus sal in die oggend liggies waai. Elders sal dit matig suid tot suidoos waai.

  • Kimberley: 0 °C tot 23 °C
  • Upington: 6 °C tot 25 °C

Wes-Kaap

Oggendmiskolle sal op plekke in die suidweste voorkom waar dit koel sal wees. Andersins sal dit mooiweer en warm wees.

  • Kaapstad: 14 °C tot 22 °C
  • George: 12 °C tot 28 °C

Oos-Kaap

Die westelike helfte van die provinsie sal mooiweer en warm wees.

Die wind aan die kus sal liggies tot matig noord waai.

Die oostelike helfte van die Oos-Kaap sal bewolk met oggendmiskolle suid van die platorand wees. In die noordelike dele van die binneland sal dit mooiweer en warm tot koel wees.

Die wind aan die kus sal liggies tot matig noordwes waai en die middag taamlik sterk noordoos draai.

  • Port Elizabeth: 11 °C tot 27 °C
  • Oos-Londen: 14 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

In die oggend sal miskolle oor die binneland voorkom. Andersins sal dit mooiweer en koel wees. Die middag sal dit gedeeltelik bewolk in die ooste word.

Noord van Richardsbaai sal die wind aan die kus matig suid tot suidoos waai en elders dit taamlik sterk oos tot noordoos waai.

  • Durban: 12 °C tot 22 °C
  • Richardsbaai: 12 °C tot 23 °C
  • Pietermaritzburg: 4 °C tot 21 °C
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.