Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat sneeuval oor die suide van Namakwaland en die westelike hoër liggende dele van die Wes-Kaap sal voorkom. Ligte sneeuval word oor die Sneeuberg en Winterberge verwag wat teen die aand na die suidelike Drakensberge sal versprei.

Golwe van tussen 6 m en 7 m word langs die kus tussen Kaap Columbine en Koffiebaai verwag. Stormsterk winde van tot 65 km/h sal ook langs die kus tussen Kaap Agulhas en Oos-Londen voorkom.

Gauteng

Sonnig en koel, maar koud in die suide.

Pretoria: 3 °C tot 17 °C

Johannesburg: 1 °C tot 15 °C

Vereeniging: -1 °C tot 15 °C

Mpumalanga

Sonnig en koud, maar warm in die Laeveld.

Mbombela: 9 °C tot 26 °C

Limpopo

Sonnig en koel tot warm.

Polokwane: 2 °C tot 24 °C

Noordwes

Koud in die suide, andersins sonnig en koel.

Mahikeng: 2 °C tot 18 °C

Vryburg: -1 °C tot 15 °C

Vrystaat

Bewolk en winderig in die suide met geïsoleerde reënbuie, andersins sonnig en koud.

Bloemfontein: 2 °C tot 11 °C

Noord-Kaap

Geïsoleerde reënbuie (en moontlike ligte sneeu) en winderige toestande in die suide waar dit baie koud sal wees, andersins sonnig, gedeeltelik bewolk en koud.

Kimberley: 0 °C tot 13 °C

Upington: 2 °C tot 15 °C

Wes-Kaap

Bewolk met reënbuie dwarsoor die provinsie wat teen die middag sal opklaar. Ligte tot matige sneeuval word in die oggend oor die westelike en noordoostelike hoogliggende dele verwag.

Kaapstad: 11 °C tot 16 °C

George: 8 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

In die weste sal dit bewolk en koud wees met verspreide reënbuie in die oggend.

In die ooste sal dit bewolk wees met ligte reënbuie in die noordelike binneland. Ligte sneeuval kan oor die noordelike berge verwag word.

Port Elizabeth: 12 °C tot 17 °C

Oos-Londen: 13 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Sonnig en koel, maar warm in die noordooste.

Durban: 14 °C tot 23 °C

Richardsbaai: 14 °C tot 26 °C

Pietermaritzburg: 6 °C tot 22 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.