Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen ’n hoë gevaar van veldbrande in die westelike en suidelike dele van die Vrystaat, die westelike dele van Noordwes, die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap en Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap, asook die noordelike dele van die Oos-Kaap. Sterk winde tussen 50 km/h tot 60 km/h kan ook verwag word.

Gauteng

Sonnig en baie warm.* Pretoria: 15 °C tot 33 °C* Johannesburg: 12 °C tot 33 °C* Vereeniging: 11 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Bewolk oor die oostelike dele van die provinsie met oggendmiskolle oor die platorand en die suidelike dele van die Hoëveld, andersins koel tot warm en baie warm in die Laeveld.

* Mbombela: 17 °C tot 29 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk oor die suidoostelike dele, andersins koel en warm en baie warm in die Laeveld en in die westelike Bosveld.

* Polokwane: 14 °C tot 30 °C

Noordwes

Sonnig en warm tot baie warm. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk oor die sentrale dele wees.

* Mahikeng: 15 °C tot 34 °C * Vryburg 12 °C tot 35 °C

Vrystaat

Baie warm in die verre westelike dele, andersins koel en warm. Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk wees in die verre westelike en noordelike dele.

* Bloemfontein: 7 °C tot 34 °C

Noord-Kaap

Koel langs die kus met oggendmiskolle langs die noordkus, andersins sonnig en warm tot baie warm in die noorde. Later kan gedeeltelik bewolkte weer oor die verre oostelike gebiede verwag word. ’n Fris tot sterk suide- tot suidoostewind kan langs die kus verwag word.

* Kimberley: 10 °C tot 35 °C * Upington: 15 °C tot 37 °C

Wes-Kaap

Oggendmiskolle oor die noordoostelike binneland en oostelike kusgebiede, andersins sonnig en warm, maar baie warm oor die noordoostelike dele van die provinsie.

’n Matige oostewind langs die kus, andersins fris tot sterk langs die Weskus teen die middag.

* Kaapstad: 14 °C tot 25 °C

* George: 13 °C tot 24 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike dele van die provinsie sal dit gedeeltelik bewolk wees met oggendmiskolle. Andersins sonnig en warm, maar koel langs die kus.

Teen die middag sal dit gedeeltelik bewolk wees met ligte reën oor dele aan die kus en die aangrensende binneland. Ligte tot matige suidwestewind langs die kus.

* Port Elizabeth: 13 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 20 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk in die noordooste met oggendmiskolle oor dele van die platorand. Andersins sonnig en warm, maar baie warm in die noorde. Gedeeltelik bewolk in die suidkus teen die aand. ’n Matig tot fris noordoostewind kan verwag word.

* Durban: 19 °C tot 25 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 27 °C

* Pietermaritzburg: 15 °C tot 30 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.