Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor ’n hoë brandgevaar Woensdag oor die westelike Bosveld van Limpopo, die westelike dele van Mpumalanga, Noordwes en die noordoostelike dele van die Noord-Kaap, asook oor die sentrale en noordoostelike dele van die Vrystaat.

Die weerdiens waarsku ook oor erge donderstorms wat oor die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal verwag word. Swaar reën word voorspel.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noorde.

* Pretoria: 15 °C tot 34 °C

* Johannesburg: 13 °C tot 32 °C

* Vereeniging: 11 °C tot 32 °C

Mpumalanga

Dit sal bewolk en warm wees, met oggendmiskolle oor die platorand. In die Laeveld sal dit warm wees. In die middag sal dit bewolk word met enkele donderbuie in die laatmiddag.

* Mbombela: 17 °C tot 30 °C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm, met oggendmiskolle oor die platorand.

In die middag sal dit gedeeltelik bewolk word met enkele reën- en donderbuie in die suidooste.

* Polokwane: 17 °C tot 31 °C

Noordwes

Sonnig en warm. Later sal dit in die verre ooste gedeeltelik bewolk word.

* Mahikeng: 14 °C tot 35 °C

* Vryburg: 11 °C tot 35 °C

Vrystaat

Sonnig en warm, maar baie warm in die noorde. Dit sal later gedeeltelik bewolk word in die ooste van die provinsie.

* Bloemfontein: 7 °C tot 31 °C

Noord-Kaap

Aanvanklik sal dit bewolk wees met ligte reën in die weste. Later sal dit gedeeltelik bewolk, winderig en koud wees.

* Kimberley: 10 °C tot 32 °C

* Upington: 13 °C tot 24 °C

Wes-Kaap

Bewolk, winderig en koel tot koud. In die weste sal dit teen die middag gedeeltelik bewolk word.

* Kaapstad: 13 °C tot 16 °C

* George: 13 °C tot 17 °C

Oos-Kaap

Oor die westelike helfte van die Oos-Kaap sal dit bewolk en koud wees met verspreide reën- en donderbuie.

Vir die oostelike helfte van die provinsie word matige temperature voorspel. Later sal dit suid van die platorand bewolk en koud word met verspreide reën- en donderbuie.

* Port Elizabeth: 10 °C tot 19 °C

* Oos-Londen: 13 °C tot 19 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmiskolle oor die binneland. Matige en warm temperature word voorspel, maar baie warm temperature in die noorde.

Dit sal teen die middag bewolk word vanaf die suide met verspreide reën- en donderbuie. Meer reën word in die noordooste voorspel.

* Durban: 17 °C tot 27 °C

* Richardsbaai: 19 °C tot 29 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 27 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.