Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku daar is Woensdag ’n groot kans op brande in die westelike dele van die Vrystaat, die westelike dele van Noordwes, westelike dele van Mpumalanga en die oostelike Bosveld in Limpopo.

Sterk donderstorms word oor die sentrale dele van Limpopo voorspel.

Gauteng

Bewolk in die oggend. Andersins gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie in Pretoria.

* Pretoria: 15 °C tot 31 °C

* Johannesburg: 12 °C tot 29 °C

* Vereeniging: 13 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk in die ooste in die oggend met ligte reën en misnewels oor die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en koel tot warm met verspreide donderbuie in die oggend. Baie warm in die Laeveld.

* Mbombela: 14 °C tot 32 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk in die ooste in die oggend met ligte reën en misnewels oor die platorand. Andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met verspreide donderstorms in die middag.

* Polokwane: 18 °C tot 30 °C

Noordwes

Matig en warm, maar gedeeltelik bewolk met verspreide donderbuie in die ooste.

* Mahikeng: 17 °C tot 33 °C

* Vryburg: 12 °C tot 34 °C

Vrystaat

Matig en warm, maar gedeeltelik bewolk met verspreide donderbuie in die noordooste.

* Bloemfontein: 8 °C tot 27 °C

Noord-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel, maar matig en warm in die ooste.

* Kimberley: 9 °C tot 26 °C

* Upington: 10 °C tot 25 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm in die ooste. Gedeeltelik bewolk en koel in die weste, met bewolkte toestande langs die suidkus in die aand.

* Kaapstad: 12 °C tot 19 °C

* George: 10 °C tot 23 °C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel, maar matig oor die binneland in die westelike deel van die provinsie. Gedeeltelik bewolk en winderig langs die kus in die oostelike deel van die provinsie.

* Port Elizabeth: 12 °C tot 21 °C

* Oos-Londen: 13 °C tot 23 °C

KwaZulu-Natal

Bewolk in die ooste in die oggend en middag. Andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in dele van die noorde.

* Durban: 16 °C tot 29 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 31 °C

* Pietermaritzburg: 12 °C tot 31 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.