Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen toestande wat tot wegholveldbrande in die sentrale en oostelike dele van die Noord-Kaap, asook die westelike dele van die Vrystaat en Noordwes, kan lei.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide reënbuie en donderstorms wat teen die namiddag kan voorkom.

* Pretoria: 17 °C tot 27 °C

* Johannesburg: 17 °C tot 26 °C

* Vereeninging: 14 °C tot 27 °C

Mpumalanga

Oggendmis en motreën oor die platorand. Elders sal dit bewolk en koel tot warm wees met verspreide reën en donderstorms wat kan voorkom.

* Mbombela: 17 °C tot 28 °C

Limpopo

Oggendmis en motreën sal voorkom oor die platorand. Elders sal dit bewolk en koel tot warm wees met verspreide reën en donderstorms in die ooste.

* Polokwane: 18 °C tot 29 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met geïsoleerde donderstorms teen die middag.

* Mahikeng: 18 °C tot 30 °C

* Vryburg: 16 °C tot 32 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderstorms in die middag, maar geïsoleerd in die suide.

* Bloemfontein: 12 °C tot 30 °C

Noord-Kaap

Langs die kus sal dit koel wees. Elders sal dit sonnig en warm tot bloedig warm wees. Dit sal teen die middag gedeeltelik bewolk word met donderstorms wat oor die sentrale en oostelike dele verwag word.

* Upington: 19 °C tot 29 °C

* Kimberley: 13 °C tot 32 °C

Wes-Kaap

Dit sal aanvanklik bewolk tot gedeeltelik bewolk langs die suidkus wees asook die aangrensende binneland, andersins sal dit mooiweer en koel tot warm wees. Op plekke langs die Weskus sal dit baie warm wees.

* Kaapstad: 14 °C tot 23 °C

* George: 12 °C tot 21 °C

Oos-Kaap

In die westelike helfte van die provinsie sal dit in die oggend gedeeltelik bewolk wees. Elders sal dit sonnig en warm wees, maar koel langs die kus.

In die oostelike helfte van die provinsie sal dit bewolk wees met mis in die oggend. Geïsoleerde reënbuie word in die noordooste verwag en dit sal sonnig en koel tot warm wees oor die platorand.

* Port Elizabeth: 14 °C tot 22 °C

* Oos-Londen: 15 °C tot 22 °C

KwaZulu-Natal

Mis word die oggend oor die binneland voorspel, andersins sal dit bewolk en koel wees, maar warm in plekke in die noorde. Verspreide reënbuie en donderstorms sal plek-plek voorkom in die suidelike dele van die provinsie.

* Durban: 17 °C tot 22 °C

* Richardsbaai: 18 °C tot 24 °C

* Pietermaritzburg: 13 °C tot 19 °C

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.