Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Die weer in jou streek Woensdag
Gedeeltelik bewolkte en warm weer word Woensdag oor die meeste dele van die land verwag. Foto: Unsplash

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Woensdag oor die binneland van die Noord-Kaap, Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap en westelike dele van die Vrystaat en Noordwes, asook die verre noordwestelike dele van die Oos-Kaap.

Sterk winde word verwag op plekke oor die westelike en sentrale binneland van die Oos-Kaap, suidelike dele van die Noord-Kaap en noordoostelike dele van die Wes-Kaap.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noorde met buie en donderbuie die namiddag.

  • Pretoria: 18 °C tot 32 °C
  • Johannesburg: 17 °C tot 29 °C
  • Vereeniging: 17 °C tot 30 °C

Mpumalanga

Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar uiters warm oor die Laeveld met enkele buie en donderbuie oor die Hoëveld.

Mbombela: 19 °C tot 32 °C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en baie warm, maar uiters warm oor dele van die Laeveld.

  • Polokwane: 18 °C tot 33 °C

Noordwes

Deels bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie, behalwe in die noordooste.

  • Mahikeng: 21 °C tot 34 °C
  • Vryburg: 20 °C tot 32 °C

Vrystaat

Baie warm in die verre noordweste, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

  • Bloemfontein: 18 °C tot 31 °C

Noord-Kaap

Mis die oggend langs die kus, andersins sonnig en koel tot warm, maar baie warm in die noorde. Gedeeltelik bewolk die namiddag met enkele buie en donderbuie in die noordooste. Ligte en wisselvallige wind aan die kus, wat ’n matige suidelike tot suidwestewind teen die middag raak.

  • Kimberley: 19 °C tot 34 °C
  • Upington: 18 °C tot 34 °C

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met ligte reënbuie in die oggend oor die berge en motreën op plekke oor die verre suidwestelike dele wat teen die namiddag na die suidkus versprei. Fris tot sterk westelike tot noordwestewind langs die kus, maar aanvanklik lig aan die suidkus, wat ’n matige tot sterk suidwestelike tot westewind in die namiddag raak.

  • Kaapstad: 14 °C tot 20 °C
  • George: 14 °C tot 22 °C

Oos-Kaap

Baie warm en winderig in die noorde van die westelike helfte van die provinsie, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar koel langs die kus, waar dit bewolk raak met ligte reën die namiddag. Ligte en wisselvallige wind aan die kus, maar ’n matige suidewind van laatoggend af, wat suidwestelik draai van laatmiddag af.

Bewolk en warm suid van die platorand in die oostelike helfte van die provinsie, andersins gedeeltelik bewolk en baie warm met enkele buie en donderbuie, maar verspreid in die ooste. Ligte en wisselvallige wind langs die kus, wat ’n matige tot fris oostewind teen laatoggend raak.

  • Port Elizabeth: 16 °C tot 24 °C
  • Oos-Londen: 18 °C tot 24 °C

KwaZulu-Natal

Gedeeltelik bewolk tot bewolk in die ooste, andersins sonnig en warm, maar baie warm op plekke in die noorde. Bewolk van die weste af in die namiddag met verspreide buie en donderbuie, andersins net enkele buie en donderbuie. Ligte tot matige noordoostewind langs die kus in die noorde, andersins ’n suidwestewind wat oostelik tot noordoostelik in die namiddag draai.

  • Durban: 21 °C tot 27 °C
  • Richardsbaai: 22 °C tot 29 °C
  • Pietermaritzburg: 19 °C tot 31 °C
Meer oor:  Kersdag  |  Weer In Jou Streek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.